Vyf vas ná wrede aanval op Noordwes-egpaar

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vyf mans is in hegtenis geneem nadat ʼn bejaarde egpaar verlede week in hul huis in Rustenburg, Noordwes, aangeval en die man vermoor is.

Sers. Ofentse Mokgadi, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf mans, tussen die ouderdomme van 23 en 27 jaar, is Vrydag by die Ikemeleng- informele nedersetting in Kroondal in hegtenis geneem.

Volgens Mokgadi het ʼn egpaar verlede Sondagaand in hul huis in Waterfall Village wakker geword van honde wat blaf. Die man het uitgestap om ondersoek te gaan instel. Toe hy geruime tyd later nog nie teruggekeer het nie, het die vrou uitgegaan om na hom te gaan soek.

“Sy het gesien hoe haar man met twee onbekende mans baklei en het geskree om hulp terwyl sy terug die huis in gehardloop het,” het Mokgadi gesê. Die verdagtes het egter die eetkamervenster stukkend geslaan om toegang tot die huis te verkry.

“Hulle het die deur oopgemaak en die liggaam van die man in die huis ingesleep. Die verdagtes het daarna die vrou met ʼn pistool aangerand voordat hulle haar verkrag het,” het Mokgadi gesê.

“Hulle het die kluis se sleutels geëis en sy het dit oorhandig. Hulle het ʼn vuurwapen, juweliersware, ʼn televisiestel, klere en ʼn onbekende bedrag kontant geroof voordat hulle die vrou vasgebind het en te voet gevlug het.”

Mokgadi kon nie onmiddellik die oorsaak van die man se dood bevestig nie.

Volgens Mokgadi is die egpaar se pistool en die juweliersware in die verdagtes se besit gevind toe hulle in hegtenis geneem is. ʼn Tweede ongelisensieerde vuurwapen is ook in hul besit gevind. Die ander gesteelde items was glo reeds verkoop.

Volgens die polisie word daar vermoed dat die vyf verdagtes, wat almal Zimbabwiërs is, verbind kan word met verskeie ander voorvalle van roof en verkragting in die Kroondal-omgewing. Daar word tans ondersoek ingestel om te bepaal of dit wel die geval is.

Die verdagtes sal môre in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklagte van moord, verkragting, huisbraak, die besit van gesteelde goedere en die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

44 Kommentare

Bella ·

Dus tyd dat die regering die doodstraf terug bring in Suid Afrika.

Kas ·

Dit gaAN NIE TERUG KOM NIE. ONS MOET SELF ONSSELF BESKERRM. ONS MOET HULLE HARD HANTEER AS HULLE OP ONS TOESAK. BAIE HARD!

Dirk ·

Dit is nou genoeg,ons moet versoek by wyse van Adv Gerrie Nel met n hof aansoek dat inligting verskaf word omtrent getalle onwettige of wettige immigrante van buur lande wat betrokke is by enige vlak van misdaad .Dit sal geen geheim wees dat hulle n groot rol speel by misdaad in ons land . Met Adv Nel kan Afri-Forum meer druk toe pas of regering dwing om ons grense te beveilig en meer stappe te neem om burgers te beveilig .Ons sit op n kook pot wat weer tot groot skaalse XENOPHOBIA gaan lei .

tom ·

Dis alles zuma se skuld dat hulle al die onwettiges toelaat in die land ek wonder wat is hulle idee daar deer word ons uit gemoor hier is seker 40miljoen onwettiges in die land

Niel ·

Dan gaan mense tekere oor Trump die tipe elemente uit Amerika wil hou en die liberale maak vreeslik bohaai!! Hoekom hoor mens eers n week na die tyd van dit? Behalwe vir babaarsgeid is dit ook na my mening n ras gedrewe voorval maar die media sal dit nie so in sien nie…

Kas ·

ONS IS GVOL VERBY VIR DIE LIBS, HULLE AGENDA IS OM ONS TE VERNITG. ONS HET KLAAR VIR HULLE LEUNS GEVAL EN ONS WEET NOU HULLE HET NIKS OM TE OFFER NIE, NIKS BEHALWE WERKLOOSHEID, DOOD EN HAAT TEENOOR ONS. ONS IS KLAAR MET LIBS.

Liewe heksie ·

Ek is seker daarvan dat sapd hul elkeen R500 gee vir belonging slaapplek vir n aand of twee en n klop op die skouer hul werk saam eff en anc

nonna ·

Liewe Heksie, jou kommentaar is onvanpas. In elke liewe beroep op aarde is daar koruupsie, dit is onregverdig om almal onder dieselde kam te skeer. Wens eerder die SAP in hierdie geval geluk vir hulle vinnige optrede!

Jan Jooste ·

Neem kennis dat die verdagtes almal Zimbabwiers is. Daar is soveel Afrikaners wat tog te graag die mense in diens neem, onder andere al wat ‘n restaurant of gastehuis is.

Kiepie ·

Al die verdagtes is Zim’s maar nie alle Zims is verdagtes nie. As ons land se wette, insluitend toegangsbeheerwette, goed toegepas word sal dit baie help om te voorkom dat hierdie elemente die land binne stroom. Soos met alles is dit juis nie die wat deur die regste kanale gaan en wettiglik in die land is wat die probleem is nie, dis die klomp wat onwettig hier is wat die probleem is.

andrea van vuren ·

Ja jy praat waar maar ek kan getuig dat die Zimbabwiërs bereid is om vir minder geld te werk en dan is hulle nog slimmer as ons eie onwillige stakende mense! (Woorde reg gekies?)

Gunther ·

Dis baie jammer,hoe gaan stel jy ondersoek met wapen in die kluis,mense dra julle wapens orals saam asb

Hendrik von Wielligh ·

Laat die, honde daar buite hulself vrek blaf jy gaan nie uit jou huis nie en jy maak jou greed vir wat kan kom!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Speedguard ·

@Hendrik, ongelukkig leer die mens maar swaar, jou raad is in die kol, wag vir hom en piets hom dan , dra eerder die gevolge as wat jy met jou lewe boet en jou vrou onherstelbaar geskend is! Jammer vir die verlies!

Allak ·

Die kommentaar oor die voorval was geplubiseer .Hierdie berig sê dat die moordenaars gevang is,goed gedoen sapd,na ongeveer een week.

Deon ·

Dit het tyd geword dat Zuma en die ANC ook vir hierdie moorde en aanvalle aanspeeklik gehou word. Dit is immers hulle wat al die grense oopgooi.

Ouvrou ·

Ek gee op. Of daar is mense in die land wat glad nie weet wat aangaan nie of hulle is net agterlosig. Mens kan nie uit jou huis gaan as homde blaf nie. Wag binne met wapen. Maak julle honde binne by julle toe. En daai groot vensters. Kry daar ook diefwering. My ou man het ons hele huis beveilig van die binnekant af met n duim dik staal. E woon tans in fort knox. Maar hoe anders dan.

CJ ·

Ja ek is nou die dag nogal aangevat oor ek ook in ‘n fort Knox bly. Ek het net genoem ek het ‘n alarm stelsel en beams in my tuin, elektriese heining en lekker sterk diefwering…het ge-comment op ‘n Post van iemand wat 8:50 in die aand met ‘n oop deur gesit het en TV kyk en toe aangeval is. Het die mense my nou aangeval oor my fort Knox huis!!! Maar ek stem saam met jou bly eerder so…moet my 4 jarige dogtertjie eerder beskerm as om in ‘n droom te lewe.

MC ·

Ouvrou, ek bly nie heeltemal in ‘n fort knox nie maar het ordentelike diefwering, elektriese heining en ‘n alarmstelsel. Mens wil nie so bly nie, maar deesdae kan jy nie anders nie. My innige simpatie met die Oom en Tannie wat aangeval is en aan die Tannie wat ‘n lang pad van herstel moet loop. Wat ek nie kan verstaan nie is waarom mense uitgaan as honde blaf. Mens leer mos hulle tipe blaf ken. Wanneer dit bloot ‘n geblaf is vir niks, of as daar gevaar is. Maak gebruik van common sense! En moet nie dink dat dit nie met jou kan gebeur nie want dit kan!

Ouvrou ·

O en Deon ek stem met jou saam. Mense moet begin eise insit teen Zuma en kie.

Ouvrou ·

Deon ek stem saam. Mense moet begin eise insit teen Zuma en kie.

Retha Roux ·

Ai tog, ons land wat nie meer Grense het nie, al die vrylike toegang uit alle oorde

Louise ·

‘N Persoonlike E-Pos van julle, Maroela Media, sal waardeer word !!!! Verduidelik ASB. hoekom die kommentaar, vd betrokke adres \ persoon af, nie geplaas word nie ? Ek sal ‘n eerlike antwoord waardeer.
Baie dankie
Ben en Louise

Franscois ·

Nog n wapen wat doeloos in n kluis le, genade mense skrik wakker!

Lydia Ben ·

Groot hond moet binne slaap. Klein brakkie moet binne slaap. Dis die beste alarm.

Elize ·

Verskriklike nuus, veral net so voor slapenstyd. Here bewaar ons asseblief in die Naam van Jesus.

maagda ·

Suid-Afrika met sy ANC regering is korrup…siek verby!!!!

Gert ·

Natuurlik is hul die ANC/EFF+ Zimbabwe Leiers Vir_antwoordelik Vir al hierdie Gruwe moorde Op ons Blanke Volk!bb Hul ,s die wat dit motiveer en die Terroriste ( moordenaars ) opleiding verskaf. En sponser. So ja hul is verantwoordilik vir al die Moorde. Simple reede Hul ANC/EFF/ Zimbabwe Leiers voor sien die goed.Moordenaars!!b Skuiling en wanneer hul gevang word. Is daar ook Net n simple dood eenvoudige reede!Hul het ontsnap dit is werk van die Gverment En ja sodoende weet hul dat moorde weer gepleeg kan word !bb Groot Big Joke!!! En hul verwag mense moet dit maar net aanvaar en sluk. Hul almal werk saam , gee nie. Om wie wat se nie. Dit is die werklikheid om ons soos donkies aan n tou te hou! Hul dink ons is idiots Nou ja. Ons mense raaak moeg ! Var al die Kak en sowaar hul bloed gaan loop Ons Blanke mense se geduld raak klaar en dit gaan gebeur dat ons die gereg in eie handevat. Dan is daar nie n. Heer nie Hul moor en ja ons wit.mense kan die selfde doen Wag en kyk Genoeg is Genoeg. Hul soek oorlog en hul gaan dit kry.

marius ·

hoeveel keer hoor ek wapens gevat by mense uit hulle kluise??????wat soek die wapen in die kluis?gaan uit met jou wapen en stel ondersoek in hoekom hulle blaf?wens ek het n vuurwapen gehad

stev ·

Wat ‘n hartseer storie. Maar so baie dinge kon anders gedoen word.
‘n wapen vir selfverdediging in ‘n kluis is net so goed dat jy geen wapen het, punt ! Marius, moenie net wens , begin solank werk maak om ‘n vuurwapen te bekom op ‘n wettige manier. Daar is baie mense daar buite wat jou sal help.

Conrad ·

Dra die vuurwapen in n holster aan jou, te alle tye. Dit beteken niks in die kluis nie. Dit is nodig om selfverdedigingskursesse te doen.
Die honde moet binne gehou word (hul word vergiftig buite)Binne waarsku hulle jou betyds.
Waar ons ouer mense op plase en plotte alleen woon is hulle weerloos. Daar sien ons nou net weer hoe die tannie verkrag is! Die oom is dood. My hart skeur vir hulle!As sy of die oom bewapen was het dinge anders gelyk. Hulle weet ons mense is weerloos.
Dit sal so aangaan tot daar nie meer een oor is nie. As ons wil oorleef moet ons nou besef ons moet onsself beter beskerm. Dit is al genoem dat ons mense wat in plakkerskampe woon op plase geplaas moet word. Hul gaan werk. Ons moet nou begin saamstaan en mekaar se hande vat. Kinders van bejaarde ouers op plase- moet hulle nie alleen daar laat woon nie. Ons het die verskriklike statistieke. Die is nie bedoel om negatief te wees nie maar om paraat te word. Ek sal nie slaap as ek weet my moeder kan verkrag word nie, ek sa nie!! Dit gebeur oral maar veral op plase.
Kry wettiglik n vuurwapen leer hoe om hom te gebruik en skiet waarsku skote as die honde BINNE begin blaf-
Die situasie in SA noop ons om op plase n vuurwapen aan ons te dra. Dis verantwoordelik.

Alida ·

Ek kan so lag vir die lesers wat voorstel dat ons Zuma begin vervolg vir al die misdaad. Hy steur hom nie aan 700+ aanklagtes teen hom nie wat gaan ‘n paar by aan die situasie verander. Daardie slang sal in elk geval vir ons lag.

Inge ·

Ek voel verskriklik vir hierdie mense wie se lewens so verwoes is. Die man is dood en dan word sy vrou nog verkrag.. My vraag is, hoekom MOET hulle die vrou verkrag. Hoekom?? Dink net wat deur hierdie arme vrou se kop gegaan het met haar man se liggaam wat daar le.. Ek is nou so ontsteld.

Francois ·

Die Oom het uit gegaan.Jy bly binne jou huis.Laat hy in kom om water te kom drink.Dai water sal deur n paar gatjies ui sy lyf vloei. Mense n hond is n goeie ding om te he.Ek het 2 klein hondjies,mar hul blaf vir enige nonsense.Dan kry jy nie geslaap nie.Die beste is wat ek ook het is Alarm Beams in jou Erf en om jou huis.As dai ding af gaan dan moet jy weet.Ok nou en dan n valse alarm mar minder as dai brakke se geblaf.As jy een het slaap maar met dai skiet yster langs jou bed.Dit is waar hy moet wees.Nie in kluis.Ons moet nie meer vrae vra nie ons moet n voorbeeld maak as een jou of my veras. Hoop nie dit gebeur eendag nie maar as dit gebeur dan sal dit hy wees wat na n ander demensie geplaas gaan word.

Maria Van Dieweeck ·

Pas self die doodstraf toe, as meeste van hierdie vuilgoed met ‘oom Lood’ kennis maak, sal hul tweekeer dink. Hul moet verras word ipv andersom.

So jammer mevroutjie, so baie jammer.

Delta Mike ·

Blah Blah Blah en weereens gaan stel die ou ondersoek in ongewapen, die vrou gaan soek hom, weereens ongewapen. Ek begin simpatie verloor met blankes wat uitgemoor word in sulke situasies, vir jare hoor mense op plase, kleinhoewes, huise, meenthuise ens wat se teiken hulle is en bitter min van hulle wat n vuurwapen besit gaan stel ondersoek in GEWAPEN en gereed vir enige situasie as daar onraad gemerk word. So vat nou maar wat jou kant toe kom as jy n idioot wil wees.

jean ·

‘n Lewe is nie meer belangrik in hierdie land nie….die ou satan vier fees……

Hester Opperman ·

Dit is baie maklik om kritiek te lewer maar die ouer mense kan nog nie altyd besef dat die lewe verander het nie en hoeveel bejaardes is met hulle eie wapens vermoor dit is in werklikheid nie hulle skuld nie want dit is hul reg om beskerm te word deur die regering en polisie wat beide korrup is! So jammer vir die bejaardes wat nog nie wantrouig is nie!

Koos van der Lith ·

Daar kan soveel geskryf word as wat ons wil,planne gemaak word asook goed bedoelde raad gegee word. Daar is lewens geneem, te veel om op te noem, dit dui alreeds op die skande waarmee ons moet saamleef. President Zuma word blameer. Gaan kyk na die geskiedenis. Lees oor wat in die verlede gebeur het. Blankes het gevlug om in veiligheid hul hier te kom vestig. Hul het alles wat deur eeue bymekaar gemaak is verloor. Voor begin, om weer vir hul kinders toekoms te kom vestig.Hierdie land het vooruit gegaan, daar was werksgeleenthede, veiligheid was deur die magte daarvoor verantwoordelik gewaarborg. Ja, daar was ook misdaad met gepaardgaande korrupsie. Nooit in die formaat waarmee ons nou te doen het nie.
Wat het dan gebeur? Eenvoudig. Ons is verraai deur F W de Klerk en sy samelopers. Die verraad kan nooit ooit geregverdig word deur allerlei redes soos dat daar nie meer voortgegaan kon word met die vorige bestel nie. Gelukkig moet de Klerk , en hy alleen, verantwoordelikheid aanvaar en kan of mag hy nie nou omdraai en beskuldigings gooi na mense wat geen besef het van wat die woord annargie beteken nie.
My innige simpatie met die familie wat hierdie tragedie beleef.
Mede Boere, wees paraat en moet nooit ophou glo nie.

Adel ·

Die artikel volgens my kennis is nie heeltemal korrek nie, en dit laat dit klink of die oom onverskillig was…… Hulle het ñ probleem met katte in die omgewing wat dan gewoonlik die honde so aan die blaf het. Die oom sou dan gewoonlik uitgaan en die katte verjaag, min het die arme man geweet dat dit daardie aand nie katte sou wees nie….. Hulle het in ñ myn kompleks gebly met sekuriteit en alles, ek dink die meeste van die huise het nie diewering op nie.

Hierdie is baie hartseer wat met hulle gebeur het, nie net het die tannie haar man verloor nie, maar sy moet nog vir die res van haar lewe met die gemors wat met haar gebeur het saam lewe. Dink net in watse vrees lewe sy nou????

My innige simpatie met julle en ek is net baie dankbaar dat hulle gevang is, hoop en bid nou net dat geregtigheid sal geskied.

Oom Johan Willemse ·

Dlamini1Zuma, ‘n aanspraakmaker op die presidentskap, beywer haar vir vrye beweging van inwoners van Afrika oor die onderskeie landsgrense heen. Hierdie solidariteit van Swartmag is ‘n miskenning van die soewereiniteit van iedere land. Ons as Afrikaners het ‘n leeue aandeel aan die ontwikkeling va die RSA gehad, kundige optrede wat ons tans oor verkwalik word en wat misken word.

Theresa ·

Die goeie word met die slegte vervang. Dit skemer in als deur. Hartseer verby.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.