Vyf vas oor 10-jarige se skietdood

handcuffsVyf mans is in hegtenis geneem nadat hulle glo ‘n 10-jarige seun doodgeskiet het en twee ander mans gewond het in Beacon Valley in Kaapstad.

Kol. Tembinkosi Kinana, woordvoerder van die polisie, sê die skietvoorval het Dinsdagaand plaasgevind en die verdagtes is Woensdagmiddag in hegtenis geneem.

Kinana sê die verdagtes, tussen 20 en 31 jaar oud, is in Loftusstraat in Beacon Valley in hegtenis geneem nadat die polisie ‘n wenk van die publiek ontvang het.

“Volgens die beskikbare inligting het ‘n wit Honda met ses insittendes verbygery terwyl die seun en twee mans in die straat gestaan het en het die insittendes op die slagoffers losgebrand.”

Die seun is na die skietery oorlede terwyl die ander twee mans, tussen die ouderdomme van 20 en 24, gewond is en na ‘n hospitaal geneem is vir behandeling.

Die vyf verdagtes sal na verwagting binnekort in die Mitchells Plain-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.