Vyf vas oor 10-jarige seun se verkragting

Argieffoto

Argieffoto

Vyf persone, waaronder vier minderjariges, is in hegtenis geneem in verband met die verkragting van ʼn tienjarige seun se verkragting.

Maroela Media het vroeër berig die seun is Sondag omstreeks 16:30 in Thabong naby Welkom in die Vrystaat aangeval. Hy het saam met sy vriende in ʼn watergat geswem toe die vyf persone hulle genader het. Die seun se vriende kon weghardloop, maar hy het in die modder vasgesit.

“ʼn 21-jarige man is Maandag in hegtenis geneem,” het sers. Mamello Mokhuoane, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die ander vier verdagtes, almal tussen 14 en 16 jaar oud, is later in hegtenis geneem en in die toesig van hul ouers vrygelaat.”

Die 21-jarige man sal Woensdag in die Welkom-landdroshof verskyn. “Maatskaplike werkers sal intussen met die vier minderjariges kontak maak as deel van ʼn voorlopige ondersoek.”

Die seun is na ʼn hospitaal geneem nadat hy die saak by die polisie aanhangig gemaak het. Hy is intussen uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

PMB ·

Goed so ek is bly die skurke is vas getrek. Hoop die stelsel vaal nie die arme jong slagoffer nie.

Pop ·

Tydens die verkragting is hulle groot menere, nou is hulle minderjarig. What a joke. Hang hulle, want klein skurke word groot kriminele

AL ·

Minderjarig en klaar siek kriminele in wording. Sluit die vuilgoed vir altyd op!

koos ·

Hulle is *ONTLUIKENDE* misdadigers as jy die juiste afrikaanse beskywing wil gebruik.

Amanda ·

Stem saam pop! Jy kan Di crime doen maar ni Di time ni… In hule ouers se sorg weer Gegee… Maar hule kon ni I’d 1ste plek ni beheer gehad ht oor hule nI!! Dis siek verby..

Snip ·

Sluit hulle almal toe minderjarig of nie, as hulle kan misdaad pleeg, moet hulle die vrugte daarvan pluk. Daai kind se lewe of vir ewig opgeneuk. Wat kry die mensdom daaruit om kinders en vrouens te verkrag. Hoe siek moet jy wees om tot so daad oor te gaan.

Liza ·

Snip ek stem saam met jou, hulle sal nie weer iemand verkrag nie…….. siek siek verby….en daardie kind se hele lewe is nou daarmee heen……..

SHO ·

Bly hul is uit die samelewing maar wat op dees aarde doen ‘n kind van 14 / 16 aan ‘n 10 jarige. Die land val uitmekaar…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.