Vyf vas oor afstandbeheer-slenter

Argieffoto

Argieffoto Foto: blog.wantdrivinglessons.com

Vyf mans wat glo deel is van ʼn afstandbeheer-slenter is Saterdag in Mthatha in die Oos-Kaap aangekeer.

“Die mans is almal tussen 25 en 35 jaar oud,” het lt.kol. Mzukisi Fatyela, woordvoerder van die polisie in die Oos-Kaap, gesê.

Die mans het glo ʼn afstandbeheertoestel gebruik om slagoffers te verhoed om hul motors te sluit. Hulle het daarna glo waardevolle items uit die motor gesteel.

“Nog twee mans is in hegtenis geneem wat gesteelde goedere aangekoop het,” het Fatyela bygevoeg.

Een verdagte is Vrydag in hegtenis geneem nadat ʼn veiligheidswag hom by Myezo Spar opgemerk het. Die mans is ná ʼn polisie-ondersoek in hegtenis geneem.

Fatyela sê die verdagtes het motoriste by winkelsentrums geteiken. Die polisie het beslag gelê op ses afstandbeheertoestelle, ʼn vuurwapen en drie skootrekenaars.

Intussen het die versekeraar Aon Suid-Afrika video’s op sosiale media gedeel wat wys hoe vinnig en maklik ‘n vrou die slagoffer was van die sogenaamde afstandbeheer-slenter. Klik hier om die video’s te sien.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.