Vyf vas oor beplande rooftog by Mike’s Kitchen

Mikes Kitchen in Lambton, Germiston Foto: zomato.com

Mikes Kitchen in Lambton, Germiston Foto: zomato.com

Vyf mans is Dinsdag in Germiston in hegtenis geneem in verband met ʼn beplande rooftog by die Mike’s Kitchen in Lambton Court in die Oos-Rand.

“Polisiebeamptes het op ʼn wenk reageer en die vyf verdagtes, almal tussen 35 en 45 jaar oud, in hegtenis geneem minute voordat hulle die restaurant betree het,” het lt.genl. Solomon Makgale, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn voertuig en ʼn vuurwapen. Twee van die mans is Suid-Afrikaners en drie kom van Zimbabwe.

“Nog drie verdagtes het die perseel te voet verlaat en word steeds gesoek,” het Makgale bygevoeg. Die mans is vermoedelik deel van ʼn groter sindikaat.

Die vyf sal na verwagting Woensdag in die Germiston-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering om te steel en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.