Vyf vas oor diefstal van Eskom-toerusting

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Argieffoto (Foto: SnapwireSnaps, Pixabay)

Vyf persone is vandeesweek in hegtenis geneem in verband met die diefstal en onwettige verkope van toerusting wat aan Eskom behoort in Randfontein in Gauteng.

“Drie van die verdagtes is Eskom-werknemers, en hul inhegtenisneming is ʼn duidelike teken dat Eskom toegewyd is om elektrisiteitsdiefstal, binne en buite die maatskappy, uit te roei,” het die kragvoorsiener Vrydag in ʼn verklaring gesê.

Eskom het gesê drie splinternuwe 100 kVA transformators ter waarde van R200 000 is gesteel. Die ondersoek duur voort.

Eskom, die Suid-Afrikaanse Polisiediens, die Valke en ander wetstoepassersagentskappe stel saam ondersoek in om misdadigers aan te keer wat elektrisiteitskabels en ander staalkomponente steel, danksy wenke wat deur lede van die gemeenskap ingedien word.

“Eskom doen ʼn beroep op alle Suid-Afrikaners om Operasie Khanyisa, ʼn nasionale vennootskap om elektrisiteitsdiefstal hok te slaan, te ondersteun deur elektrisiteitsdiefstal aan te meld by Crime Line. Stuur anonieme wenke deur SMS aan 32211 (R1/SMS),” het die kragvoorsiener bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

humor ·

Begin sommer by munisipaliteite met reuse opgehoopte kragskuld. Dit is ook n vorm van diefstal. En dan ook by onwettige kragaftapping by invormele woonbuurte en plakkerskampe. Dan is kragverhoging nie nodig nie.

Scalla ·

Maak die skelms se name bekend, dit is omdat hier geen wet en orde is nie. hoekom moet jy nog boonop betaal vir die sms om diefstal aan te meld, pateties

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.