Vyf vas oor Gauteng-rooftogte

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is Dinsdag in Brixton en Doornfontein in Johannesburg in hegtenis geneem op aanklag van die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie.

“Die polisie het beslag gelê op ʼn 9mm-pistool, drie semi-outomatiese gewere en 97 rondes ammunisie,” het lt.genl. Lesetja Mothiba, woordvoerder van die polisie, gesê. Hy het gesê die ondersoek sal fokus op die verdagtes se moontlike betrokkenheid by winkelsentrum-rooftogte, insluitend een wat Saterdag in Diepkloof in Soweto plaasgevind het.

Die polisie sal ook ondersoek of die verdagtes betrokke was by kitsbank-ontploffings, taxigeweld en sakeroof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.