Vyf vas oor gesteelde goedere

Foto: SAPD/Facebook

Foto: SAPD/Facebook

Vyf mense is Woensdag in Wynberg, Johannesburg, in hegtenis geneem terwyl hulle besig was om goedere van ʼn vragmotor af te laai wat hulle glo gekaap het.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, het gesê polisiebeamptes het die vragmotor van Midrand na ʼn perseel in Vierdestraat agtervolg.

Die polisie het op die vragmotor en ʼn sleepwa beslag gelê. Volgens Mogale is die vrag sowat R180 000 werd.

Die polisie het ook op goedere van R200 000, wat in twee store op die perseel geberg is, beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Drieks ·

Pragtig…. As hul tog net vir Riah kan afbetaal en ‘n regte polisie persoon daar kan aanstel. Dan kan ons weer sulke stories elke dag lees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.