Vyf vas oor gesteelde kabels

Argieffoto

Argieffoto

Die polisie kon nie Saterdag berigte bevestig dat vyf vermeende koperdiewe wat in hegtenis geneem is, glo verantwoordelik was vir die afgelope waterkrisis in Gauteng nie.

“Ek weet niks daarvan nie maar die polisie sal dit ondersoek,” het kapt. Lydia Mtila-Dikolomela, woordvoerder van die polisie, gesê.

Nomvula Mokonyane, minister van waterwese, het verlede maand gesê die waterkrisis in Gauteng was veroorsaak deur koperkabels wat by pompstasies gesteel is. “Kwessies van kabeldiefstal moet as ekonomiese sabotasie hanteer word,” het sy destyds gesê.

Die Saturday Star het berig dat die vyf verdagtes wat in hegtenis geneem is, deel van ʼn sindikaat is wat die koperkabels by die pompstasies gesteel het. Die verdagtes is Vrydag by ʼn skroothandelaar in Robertville, Florida in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn wenk ontvang het.

Die verdagtes is die eienaar van die onderneming en vier werknemers. Daar is gesteelde kabels ter waarde van R100 000 op beslag gelê. Die eienaar het die polisie glo R30 000 aangebied in ʼn poging om die arrestasies te vermy.

City Power en Eskom was ook op die toneel en het bevestig dat dit hulle kabels is. Die verdagtes is in aanhouding en sal binnekort in die Roodepoort-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Timothy ·

Ja nee hulle sal se hulle weet niks maar hulle weet als !!!!!!!!

Jan ·

Ek wens hulle kan die sindikate in Noord Wes ook vang.Het die afgelope maand al 4 transformators en pompe verloor asook batterye & diesel. Boere loop sleg deur maar skelms word nie gevang nie.

snip ·

hulle is “goeie landsburgers” sien niks. hoor niks. weet niks. haha en ons moet dit glo.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.