Vyf vas oor ietermago

Die ietermago is na ‘n plek van veilige bewaring geneem. Foto: Verskaf

Vyf mans is in Limpopo in hegtenis geneem nadat ʼn ietermago, wat ʼn bedreigde spesie is, in hul besit gevind is.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het gesê die mans is Maandag omstreeks 18:25 in die Hoedspruit-omgewing in hegtenis geneem.

“Die polisie het inligting ontvang dat ʼn voertuig met ʼn ietermago daarin van Acornhoek in Mpumalanga op pad na Hoedspruit is,” het Ngoepe gesê.

“Hulle het vinnig gereageer en die voertuig van die pad getrek. Die voertuig is deursoek en ʼn lewendige ietermago is in die mans se besit gevind.”

Die vyf verdagtes, tussen 26 en 52 jaar oud, is in hegtenis geneem. Hulle is van verskeie plekke in Limpopo, waaronder Malamulele, Lulekani en Tzaneen.

Die ietermago is na ʼn veilige hawe in Hoedspruit geneem.

Die verdagtes sal na verwagting Woensdag in die Hoedspruit-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn beskermde spesie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

5 Kommentare

Mike Kaapstad ·

MM hou op hoogte asseblief wonder watter soort straf is dit……………..

Onnie ·

Kan iemand my dalk sê wat die rede is hoekom so baie mense deesdae onwettig handel met die arme diertjies?? Gebruik hulle dit soos Rinohorn of hou mense dit aan vir troeteldiere

Paul ·

Dis al vir eeue ‘n deel van “Chinese Traditional Medicine”. Daar is ook ietermagos in China. Die diere is egter daar al baie skaars, so nou het mense in Afrika agtergekom dat die Chinese sal betaal vir ietermago-skubbe. Dis ook omdat daar nou soveel meer middelklas en ryk mense in China is as 20 of 30 jaar gelede, so daar is ‘n baie groter en groeiende mark.
Dis maar dieselfde as die donkievelle en leeubene en renosterhoring.

Dit sal nog ‘n paar generasies vat voor meer Chinese mense besef watter skade hul “gesondheidspraktyke” aanrig.

Henriët ·

Hul gebruik die skubbe vir presies dieselfde as renosterhoring. Dis ook ‘n fynproewersdis in sekere kulture, so selfs fetusse word geëet. Dis so jammer, hulle is sulke spesiale diertjies.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.