Vyf vas oor ivoor, beskermde spesies

Die fonds waarop beslag gelê is. (Foto: Verskaf)

Drie verdagtes verskyn Donderdag in die Johannesburg-landdroshof op aanklagte van die oortreding van die Wet op Mariene nadat hulle met perlemoen, modderkrappe (scylla serrate ) en seekomkommers in hul besit betrap is.

Die verdagtes, tussen 33 en 50 jaar oud, is vroeër vandeesweek in Cyrildine in Johannesburg in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Ndivhuwo Mulamu, woordvoerder van die Valke, is die verdagtes Dinsdag in ʼn voertuig voorgekeer wat vol modderkrappe gelaai was. Verdere ondersoek het die Valke en die plaaslike metropolisie se honde-eenheid na ʼn huis in die gebied gelei waar hulle op 1 020 modderkrappe, 287 stukke perlemoen en 140 kg se seekomkommers afgekom het.

In ʼn onverwante voorval, het ʼn ondersoek deur die Valke, lede van die misdaadintelligensie-eenheid en die metropolisie Woensdag gelei tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die besit van ivoor elders in Johannesburg.

Die verdagtes is by die Festival-winkelsentrum in Kemptonpark in hegtenis geneem waar hulle glo ivoor verkoop het, het Mulamu gesê.

Die verdagtes sal môre in die Kemptonpark-landdroshof verskyn vir die oortreding van die Wet op Nasionale Omgewingsbestuur en die Wet op Biodiversiteit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.