Vyf mans sal tot 19 September in aanhouding bly nadat hulle in besit van twee krokodilkarkasse gevind is.
Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het gesê Victor Mhlongo (44), Linda Mbusha (27), Sifiso Khoza (30), Mlungisi Madonsela (22) en Moses Mnisi (41) het Woensdag voor die Barberton-landdroshof verskyn op aanklagte van die jag van beskermde wild.
“Die polisie het ʼn oproep ontvang van ʼn boer wat gemeld het hy vermoed van sy krokodille is gevang en doodgemaak omdat hy bloedspatsels naby die dam teëgekom het,” het Bhembe laat hoor.
Volgens Bhembe het die polisie dadelik reageer en inligting opgevolg wat hulle na die huis van die verdagtes gelei het.
“Die vyf is onmiddellik in hegtenis geneem ná die twee karkasse in hul besit gevind is,” het Bhembe gesê.
Die vyf mans sal na verwagting 19 September aansoek doen om borgtog.
Hanna nee daar is absoluut niks wat hulle nie sal steel nie, maar dis dalk nie oor steel nie , dis oor hulle iets verniet kan vat. dit is die probleem, en dit gaan ook oor oorlewing
Ek sou eerder sê: welgedaan SAPD!!!!!!!!
Dit is net te snaak dat hulle in aanhouding bly vir n krokkodil karkas maar as hulle die boere vermoor kry hulle borg die stelsel is siek maak my naar hulle spandeer biljoene op renoster bewaring maar daar is nie geld vir die oumensies van die land nie