Vyf vas oor mensehandel in Kuruman, Rustenburg

Foto verskaf deur die Valke

Elf persone, wat vermoedelik slagoffers is van mensehandel, is Sondagoggend vroeg gered toe die Valke in die Noord-Kaap en Noordwes op drie bordele toegeslaan het.

Vyf persone is in hegtenis geneem.

Brig. Hangwani Mulaudzi, woordvoerder van die direktoraat vir prioriteitsmisdaadondersoeke (die Valke), het gesê lasbriewe vir ʼn soektog is bedien op twee gastehuise, naamlik Birdsong B&B en Noble Guest House in Kerkstraat in Rustenburg, wat as bordele gebruik is. “Die twee persele is gesluit,” het hy gesê. “Die operasie het ook gelei tot die sluiting van ʼn huis in Kuruman in die Noord-Kaap.”

Sewe slagoffers, een persoon van Zambië, een van Zimbabwe, drie van Lesotho en twee Suid-Afrikaners, is in Rustenburg gered. Vier Suid-Afrikaanse vroue is in Kuruman gered.

Foto verskaf deur die Valke

“Die inhegtenisneming van die vyf persone, tussen 28 en 46 jaar oud, is deel van ʼn jaar lange proaktiewe ondersoek na mensehandel vir seksuele uitbuiting in die twee dorpe,” het Mulaudzi bygevoeg.

Die vroue, tussen 20 en 39 jaar oud, is as prostitute gebruik by die onderskeie persele ná die verdagtes hulle vermoedelik met beloftes van indiensneming gelok het.

Beamptes het ook op die tonele beslag gelê op ʼn onbekende bedrag kontant. “Daar is ook beslag gelê op kwitansies en drie voertuie wat tydens die uitvoer van die misdade gebruik is.”

Die vyf mans, wat na bewering deel is van ʼn groter sindikaat, sal na verwagting Maandag in onderskeidelik in die Rustenburg- en Kuruman-landdroshof verskyn.

Lt.genl. Godfrey Lebeya, nasionale hoof van die Valke, het die inhegtenisneming verwelkom. Hy het ook sy waardering uitgespreek vir die hulp van die gemeenskap om die saak by die Valke aan te meld.

Die Valke het reageer in samewerking met misdaadintelligensie, die honde-eenheid, die taktiese reaksie-eenheid, misdaadtoneelondersoeke en die departement van binnelandse sake.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Persheks Adri ·

Gooi die grense nog groter oop ANC julle laat almal mos in die land in en niemand beheer dit nie!

Francois Le Cochon ·

Dit lyk soos ‘n Gemsbok wat daar in die verre staan. Nee, dis ‘n Kuruman!

Misky ·

En dan is Cele en SAPD so vinnig om met trots aan te kondig dat daar nie mensehandel in SA is nie en alles word as “fake news” afgemaak. Waar daar n rokie is……..

Jakes ·

Ek glo nie Kuruman is die enigste plek waar dit plaasvind nie.

madels ·

Dankie Maroela media dat julle hieroor skryf in die nuus. Mensehandel is BAIE ERG in SA en die regering maak of dit nie so is nie!

Janine ·

Volgens die ‘regering’ bestaan dit nie. Nes die rasgedrewe PLAASAANVALLE kwansuis nie bestaan nie….

Annelize ·

Glo my vry, waar dit Rustenburg aangaan, is hierdie letterlik die tippie-tippie puntjies van die Seekoei se ore.

BARNEY ·

Wel gedaan, dit is bemiedigend dat daar iets gedoen is, ongeag die politieke struwlinge wat aan gaan. Die slagoffers is bevry en kan behandeling kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.