Vyf vas oor miljoene se onwettige sigarette

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is in Witbank in Mpumalanga in hegtenis geneem vir handel in onwettige sigarette nadat daar smokkelware ter waarde van miljoene rande in hul besit gevind is.

Kol. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Vrydag ʼn wenk ontvang oor ʼn beweerde onwettige transaksie. Die polisie het gaan ondersoek instel en afgekom op vyf vragmotors wat volgelaai was met sigarette.

Volgens Hlathi is die vyf vragmotorbestuurders in hegtenis geneem. Twee van die verdagtes is Suid-Afrikaners en die ander drie is van Mosambiek. Die sigarette sou glo na Kaapstad vervoer word.

Die vyf verdagtes sal binnekort in die Witbank-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

AP van Schalkwyk ·

Simpatie aan die vragmotorbestuurders wat in hegtenis geneem is oor gesmokkelde sigarette.
Dit is die fout wat deur die regering gemaak word en nou word die fout uitgebuit deur sogenaamde smokkelaars.
Kyk na die feite:
Meer as 50% van die prys wat vir n pakkie 20 sigarette gaan na die regering in die vorm van belasting
As die regering regtig eerlik wou wees sou rook onwettig verklaaqr word, maar nee die BILJOENE wat uit sigarette gemaak word is te n lekker inkomste om te versmaai!!!!
n Pakkie 20 sigarette kos kleinhandel ongeveer R 4 tot 5 in Mosambiek. In RSA kos dieselfde sigarette (swartmark) R13, en wettig ongeveer R30. In hierdie moeilike tye wie sal n roker kwalik neem as hy die goedkoper alternatief kies en die smokkelaars voorsien net in n behoefte wat deur die regering geskep is
NS Ek gee nie aandag aan of rook goed of sleg is nie. Dit is iets wwaroor elkeen vir himself moet besluit

Drieks ·

Hul kan maar die sigarette dop hou in die polisie stasie. Laasjaar is R1,2 miljoen se sigarette deur die valke op beslag gelé en die polisie het dit laat wegraak. Tussen skilpadshek en Zeerus in daardie tuisland se polisiestasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.