Vyf vas oor onwettige koopkrag

Argieffoto

Vyf mans is deur die polisie se nasionale ondersoekeenheid in hegtenis geneem in verband met ʼn voorafkoopkrag-bedrogspul.

Brig. Vishnu Naidoo, woordvoerder van die polisie, het gesê die ondersoekspan het Vrydag in die vroeë oggendure inligting opgevolg en op verskeie huise in Vanderbijlpark, Evaton en Boipatong in Gauteng toegeslaan.

By twee huise in Vanderbijlpark het hulle op Eskom-toerusting afgekom wat gebruik word om elektrisiteitsbewyse te genereer. Die toerusting het rekenaarsleutelborde, drukkers, rekenaarskerms, Eskom-modems, eksterne hardeskywe en ander rekenaarbybehore ingesluit. Dit is hier waar die vyf verdagtes in hegtenis geneem is.

“Die potensiële verlies vir Eskom en die land se fiskus kan in die miljarde wees,” het Naidoo gesê.

By ʼn huis in Evaton is daar op ʼn ongelisensieerde vuurwapen beslag gelê, asook verskeie soorte ammunisie. Volgens Naidoo sal die 9mm-pistool, waarvan die reeksnommer afgevyl is, vir ballistiese toetse gestuur word om te bepaal of dit in die uitvoer van enige misdade gebruik is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

MCH ·

Verstommend! Net soos ons n skaduregering het wat werklik die besluite neem, het die skadukol intussen sodanig verdonker om ook n skadu-ekonomie in te sluit wat alle sektore verteenwoordig. Die ” double trouble” konsep.

E.K. (vra net) ·

Kan mens nie bietjie ‘n sms nommer kry om onwettige gebruikers aan te gee nie. Ek glo daar is so ‘n nommer as iemand dit ken, laat ons weet. Dis tyd dat almal saamstaan en die diewe rapporteer as ons daarvan weet!

Lea ·

Jy kan na SARS en Polisie enige skelmstreke met die sms deurgee,let wel…nie net een keer nie maar n hele paar keer… Sms- 32211

Boertjie ·

Lol, Hulle gaan los kom omdat dit net n Subkontrakteer is wat afslag aan mense bied Dalk het een van Eskom se vorige base die kontrak aan hulle toegedien en toe bedank met n goue handruk.Dit is immers n groot ….kontrak

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.