Vyf vas oor onwettige vuurwapens, ammunisie

Die onwettige vuurwapens, ammunisie en ander vermoedelik gesteelde ware waarop die polisie beslag gelê het tydens die inhegtenisneming op 14 April 2015 in Potchefstroom, Noordwes Foto: Noordwes-SAPD

Die onwettige vuurwapens, ammunisie en ander vermoedelik gesteelde ware waarop die polisie beslag gelê het tydens die inhegtenisneming op 14 April 2015 in Potchefstroom, Noordwes Foto: Noordwes-SAPD

Vyf persone is Dinsdagoggend in Potchefstroom, Noordwes, in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en ammunisie en die besit van vermoedelik gesteelde goedere.

“Die verdagtes, tussen 30 en 40 jaar oud, is omstreeks 07:00 aangekeer nadat die polisie in Kroonstad leidrade opgevolg en hul eweknieë in Potchefstroom in kennis gestel het van die verdagtes en hul oortredings,” het kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, gesê.

Die verdagtes het glo vroeër vandeesmaand ʼn onderneming in Kroonstad in die Vrystaat beroof.

“Die polisie het beslag gelê op verskeie wapens, ammunisie, drie skootrekenaars, twee blouligte, drie glimbaadjies, tweerigtingradio’s, twee teleskope, gereedskap, vier selfone en die omslag van ʼn dossier,” het Mokgwabone bygevoeg. “Die goedere is vermoedelik gebruik om misdade mee te pleeg.”

Een van die verdagtes is na bewering op borgtog vrygelaat weens ʼn vorige saak van gewapende roof en hy is in hegtenis geneem toe hy in die hof in Potchefstroom sou verskyn.

Die verdagtes sal binnekort in die Potchefstroom-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Riette ·

Gaan hulle in die hof verskyn net om weer vrygelaat te word?? Dit kan seker te wagte wees

Griki ·

Dis regtig ‘n probleem dat soveel mense wat aangekla word van ernstige misdade borgtog kry. Hoeveel burgerlikes moet nog skade ly en hulle lewens verloor deur misdadigers wat op borgtog vrygelaat is, voordat hierdie probleem aangespreek gaan word?

Peet Schabort ·

Griki, ek het ‘n idee dat die tronke oorvol is. Die afskaffing van die dood- en lyfstraf is die oorsaak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.