Vyf vas oor polisiemoorde

Argieffoto: SAPD/Facebook

Argieffoto: SAPD/Facebook

Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die moorde op drie polisiebeamptes.

Kol. Noxolo Kweza, woordvoerder van die polisie, het gesê die inhegtenisnemings volg op ’n reusesoektog oor twee provinsies. Volgens Kweza is van die verdagtes in KwaZulu-Natal in hegtenis geneem terwyl die ander in Gauteng vasgetrek is.

Die verdagtes sal Dinsdag in die Durban-, Johannesburg- en Alexandra-landdroshowe verskyn, het Kweza gesê.

Die vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met twee voorvalle waartydens drie polisiebeamptes doodgeskiet is. Twee polisiebeamptes is op 29 Maart op die N3 naby Modderfontein doodgeskiet. In die ander voorval is ʼn polisiebeampte op 24 Maart by Parkstasie in Johannesburg doodgeskiet.

Volgens Kweza word vier van die verdagtes met die N3-skietery verbind en die vyfde verdagte met die Parkstasie-skietery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

ladybug ·

Sluit hulle toe en gooi die sleutel weg … NEEEE nog beter – hang hulle in die publiek!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.