Vyf vas oor renosterhoring

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mans wat glo probeer het om ʼn renosterhoring aan ʼn lid van die Valke te verkoop, sal Woensdag in die Carolina-landdroshof in Mpumalanga verskyn.

Lt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het gesê die Valke het ʼn wenk van die publiek ontvang oor mans wat glo renosterhoring verkoop. ʼn Lokval is vir die verdagtes gestel en ʼn lid van die Valke het gereël om hulle op die R541 te ontmoet om die horing te koop.

“Die verdagtes het vir hom die horing gewys en die beampte het dadelik ʼn teken aan die res van die span gegee om blitsig die vyf mans in hegtenis te neem,” het Sekgotodi gesê. “Beslag is gelê op die horing, ter waarde van R60 000 en ʼn swart City Golf.”

Die verdagtes is tussen die ouderdomme van 26 en 42. Hul name sal bekendgemaak word sodra hulle in die hof verskyn het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Rina ·

Valke ons is trots op julle eerlikheid met eerlike mense kan ons, ons land nog red. WEG MET KORRUPSIE

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.