Vyf vas oor renosterhorings

Van die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

Vier mans en ʼn vrou is tydens twee afsonderlike voorvalle in Mpumalanga in hegtenis geneem in verband met die besit van renosterhorings.

Die verdagtes sal Dinsdag in twee verskillende howe verskyn, het brig. Leonard Hlathi, woordvoerder van die polisie, gesê.

Twee mans en ʼn vrou is Donderdag in hegtenis geneem nadat die polisie ʼn motor van die pad af getrek het. Die motor is deursoek en die polisie het op ʼn stel renosterhorings en ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie afgekom.

Die drie verdagtes, tussen 21 en 37 jaar oud, is in hegtenis geneem en sal vandag in die Komatipoort- periodieke hof verskyn.

In die tweede voorval is twee mans, glo van Mosambiek, op die N4 naby die Alzu-vulstasie in hegtenis geneem.

Die verdagtes, 46 en 26 jaar oud, het in die rigting van Middelburg gery toe hul motor deur die blitspatrollie voorgekeer en van die pad af getrek is. Die motor is deursoek en ʼn stel renosterhorings is gevind.

Die verdagtes sal vandag in die Belfast-landdroshof verskyn. Al die verdagtes staan tereg op aanklagte van die besit van renosterhoring terwyl die drie verdagtes wat Donderdag in hegtenis geneem is ook teregstaan op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

Van die renosterhoring waarop beslag gelê is. Foto: Verskaf

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Boerboel ·

Kom ons hoop hulle kry n; baie swaar straf, soos hulle nou aangaan is daar een van die dae nie meer renosters oor nie.

Boerboel ·

Hoop hulle sit vir lank, het reeds n’ boodskap geplaas maar verskyn nog nie. So kan dit nie aangaan nie, wat bly oor vir ons kinders, net n’ standbeeld van n’ renoster?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.