Vyf vas oor rooftog in Botaniese Tuin

'n Gedeelte van die roostuin by die Johannesburgse Botaniese Tuin in Emmarentia Foto: NJR ZA via Wikimedia Commons

‘n Gedeelte van die roostuin by die Johannesburgse Botaniese Tuin in Emmarentia Foto: NJR ZA via Wikimedia Commons

Vyf mense is in hegtenis geneem nadat hulle Dinsdag glo ʼn 26-jarige vrou beroof het terwyl sy met haar honde in die Johannesburgse Botaniese Tuin in Emmarentia gestap het.

“Die polisie het vyf verdagtes, tussen 23 en 33 jaar oud, in hegtenis geneem in verband met die rooftog,’ het sers. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die vrou is gedreig met messe en haar waardevolle besittings is gesteel.”

Veiligheidswagte het die polisie ontbied en het die vrou se selfoon en ander items in die verdagtes se besit gevind. Hulle het ook messe by hulle gehad.

“Ons doen ʼn beroep op alle slagoffers wat onlangs by die Botaniese Tuin oorval is deur grypdiewe om dringend na vore te kom, sodat ons ʼn uitkenningsparade kan hou,” het Ramovha bygevoeg. Die polisie hoop om op só manier die verdagtes moontlik aan vorige misdade te verbind.

Die groep sal binnekort in die Hillbrow-landdroshof verskyn op aanklag van gewapende roof en die besit van gevaarlike wapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

ladybug ·

Mense wil ook maar nie luister nie … Rather safe than sorry! Moenie jouself blootstel aan misdadigers nie. Jy is nie opgewasse teen hul brutaliteit nie. Die vrou kan bly wees sy leef!

Willie ·

Duidelik het jy nie gedink voordat jy hierdie hallusinerende twak kwyt geraak het nie.

JZ ·

Vertel my,waar is jy nie blootgestel aan die misdadigers nie?Nie eersin jou eie huis nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.