Vyf vas oor sakke vol vetplantjies

Die polisie het duisende plantjies en sakke met kruie by die verdagtes gevind. (Foto: SA Polisie)

Die polisie, beamptes van natuurbewaring en lede van die eenheid vir veediefstal en bedreigde spesies het vyf verdagtes vasgetrek nadat hulle vir die “besit van flora sonder dokumentasie” betrap is.

“Die verdagtes is in hegtenis geneem nadat hulle op die N7 naby Vanrhynsdorp voorgekeer en deursoek is,” sê sers. Luqmaan Adams, polisiewoordvoerder.

Drie sakke met altesame 5 698 conophytum-vetplantjies is in hulle besit gevind.

Twee sakke met kruie is ook by hulle gevind.

Die verdagtes is tussen 25 en 34 jaar oud en sal binnekort in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Hennie

As die ANC nie so onosel was nie, sou petty goed soos dié, nooit gebeur het nie. Wat verwag hierdie swart kommuniste? Dink hulle mense gaan stil sit en dood gaan van die honger? Stellig nie! Die gevaarlikste persoon op dié planeet is iemand wat niks het om verder te verloor nie!

Genis

Daar is geen wetgewing oor nie. Our people het en sal hulle nooit bemoei met bedreigde spesies nie… Hulle kanie eers diere mooi behandel nie…

anniekiewiet

conophytum-vetplantjies is oor die algemeen skaars en bedreig en mag nie uit hul natuurlike habitat verwyder word nie. Waarheen wou die simpel stropers dit neem?

Dr Pieter

Die Conophytum verkoop teen ongeveer R180 by kwekerye, dus is hierdie twee sakke met 5698 plantjies meer as R1 miljoen werd.

Kokerboom

Dis ontstellend. Net soos met koperkabels identifiseer KOPERS! Blok dit en vraag verdwyn. Kriminele MOET weet wie is kopers! Dwing hul om te praat