Vyf vas oor skade by Clicks in Alberton

Die Clicks in die Lemon Tree-winkelsentrum is aan die brand gesteek (Foto: Verskaf)

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die groot skade wat Maandag aan ’n Clicks-winkel in Alberton in Gauteng aangerig is.

Brig. Mathapelo Peters, woordvoerder van die polisie, het Dinsdag gesê vyf verdagtes, tussen 21 en 40 jaar oud, is in hegtenis geneem nadat skade aan Clicks in die Lemon Tree-winkelsentrum aangerig is.

Maroela Media het vroeër berig betogers het Maandag omstreeks 09:00 die betrokke Clicks-winkel betree en amok gemaak. Hulle het die winkel gevandaliseer en ook aan die brand gesteek.

Volgens die winkelbestuurder is die brand deur ongeveer 15 betogers veroorsaak.

Betogers het gewelddadig toegang tot die winkel verkry deur hamers te gebruik om die winkel se deure mee oop te forseer. Betogers het die winkel se rakke omgegooi en baie skade aangerig voordat hulle dit aan die brand gesteek het.

Twaalf werknemers was tydens die voorval in die winkel vasgekeer hoewel hulle ongedeerd daarvan afgekom het.

Die verdagtes staan nou tereg op aanklagte van kwaadwillige saakbeskadiging. Dit is nie in dié stadium duidelik wanneer die verdagtes in die hof sal verskyn nie.

Volgens Peters ondersoek die polisie ook ’n saak van kwaadwillige saakbeskadiging nadat Clicks in Bryanston in Johannesburg Maandag onder betogers deurgeloop het.

Winkelrakke is in dié voorval omgestap en eiendom is beskadig.

Lt.genl. Elias Mawela, Gautengse polisiehoof, het intussen gesê die owerhede sal nie huiwer om beslissend op te tree teen enigiemand wat misdadig optree nie. Dit sluit in diegene wat eiendom vernietig of geweld aanhits.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Sandra ·

Die uitkoms van die storie kon heelwat anders gewees het. Die brand kon die 12 mense wat ‘n eerlike bestaan voer, se lewens gevat het. Dit het wel iets gevat, hulle werksplek. Asof die land en klein ondernemings soos Clicks nie genoeg gehad om mee te “deal” nie, nou gebeur die. Wie gaan vir die skade pa staan? Hulle het seker assuransie, maar dis nie die punt nie. Miskien het hulle nie die klousule van beskadiging deur protesaksie nie, hoe gaan hulle die winkel weer staande maak. Almal wat daar koop lei nou skade.

Dries ·

Hulle leier moet net een paar van sy skoene verkoop, dan het hy genoeg geld om die skade te dek.

Persheks Adri ·

Nee goed. Wanneer word hoof rooi petter vervolg? Julle belowe dit dan so mooi. 5 is nie al wie daar was nie. Kom kom ons wag vir die oranje pakkies!

Jaco ·

Ek glo niks. Hulle gaan niks oorkom nie. En dan doen hulle dit maar net weer.

Nie Verbaas ·

Maar mense, die EFF het dan gese dit was n “derde party” wat die goed gedoen het. Hulle is mos lafharte.

Kerneels ·

Sal Afriforum asb ‘n eis teen Malema persoonlik instel vir die skade wat gely is? Hy het immers sy volgelinge aangehits om die skade te veroorsaak! Verkoop sy fancy puntskoene, pakke klere, blink horlosie ens om die skuld te delg.

Agge nee ·

Beslisde optrede? Ons sien dit gereeld. Julle staan beslis met hande gevou terwyl mense se besittings en lewens bedreig word. Julle sal beslis seker maak dat julle niks doen wat mense se reg om te betoog beperk nie, al vernietig hulle alles.

ElizeK ·

Reg dankie Mawela. Jou woorde is sooo bemoedigend.
Ek wag in spanning vir die arrestasie van MALema en sy trawante. Seker in my drome nê.

Sarel ·

Wat gasn van hulle word?? Patetiese Clicks gsan geen skade eis nie. Malema trek net sy skouers op want die Regstelsel is in sy guns.

Nozi ·

Ag asseblief. Hul gaan nie in die hof verskyn nie want hul is al klaar vrygelaat om vandag se betogings verder voort te sit. Hierdie rooi karrakters waarmee ons moet saam leef gaan nog die hele land in sy maai in vernietig. Wel hul is amper daar, behoort hul nie meer lank besig te hou nie.

Herman L ·

Hulle word van opsetlike saakbeskadiging aangekla. Is brandstigting nie ‘n ernstige krimenele oortreding nie?

Blikkies ·

Aangesien daar nog mense in die winkel vasgekeer was toe die plek aan die Brand gesteek is behoort die klagtes van branstigting en poging tot moord bygevoeg word. Ek is nie ‘n regsgeleerde nie en kan reggewys word, maar van mening daar is genoegsame bewyse van getuienis en Video opnames om die sake te kan bewys.

Dirk Mostert ·

Die polisie is nie hul salarisse werd nie! Hulle moes die plundery voorkom het.

Hendrik ·

Ek is bekommerd dat ons regstelsel ook gekaap is. Clicks het by die hooggeregshof aansoek gedoen vir ‘n bevel teen EFF vir die situasie, wat geweier was met regskoste. Ek glo daar moet gekyk word daarna. Groot vraagteken oor ons regstelsel????

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.