Vyf vas vir groot daggavonds

Die dagga was agterin die kombi waarmee die verdagtes gery het. Foto: SAPD

Vyf verdagtes het in die landdroshof op Hoopstad verskyn nadat die honde-eenheid van die Bloemfonteinse polisie hulle met ʼn reusevrag dagga aangekeer het.

Polisielede was Dinsdag omstreeks 03:00 besig met ʼn patrollie rondom Hoopstad toe hulle ʼn verdagte kombi op Bloemhof-pad gewaar, sê kapt. Stephen Thakeng.

Hulle het die voertuig voorgekeer en die bestuurder gevra of hulle die kombi kon deursoek.

Tydens hul soektog het die honde-eenheid op 13 groot sakke dagga afgekom wat 283 kg weeg en met ʼn straatwaarde van sowat R30 000, sê Thakeng. Al vyf insittendes, twee vroue en drie mans van tussen 29 en 35 jaar, is in hegtenis geneem, terwyl beamptes beslag op die voertuig gelê het.

Die saak is Woensdag in die Hoopstadse landdroshof tot Vrydag uitgestel, wanneer die vyf na verwagting om borgtog sal aansoek doen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Pieter ·

Al weer n verdagte kombi, het die kombi n balaclava aan gehad dat hy verdag was?

linda ·

presies my vraag, so is dit dan maar R1000 per kilo
genade dan wil ek asb van dit opkoop want die going rate is baie meer
:-)

Gert van Wierdapark ·

Stem saam met lae prys. Lyk my dagga word al hoe goedkoper teen R106 per kilogram is dit heelwat goedkoper as Biltong!

koos ·

En baie makliker om te maak/kweek!
Die prys gaan nog daal, met die wet oor dagga wat onlangs goedgekeur was.

SjN ·

Ek gaan nie meer mielies plant nie, dagga lyk na n baie beter opsie.

Linda ·

ek wil dit net graag onder almal se aandag bring
alhoewel dagga gewettig is beteken dit nie jy mag ‘n plaas he
as dit meer is as wat jy kan gebruik word, sal jy beskou word as ‘n verkoper
en al jou olie, zolle ens sal deur die polisie geneem word, so nee
jy mag nie ‘n plaas dagga groei! :-(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.