Vyf vas vir moord op egpaar van KZN

Die egpaar se slaapkamer is omgekrap, vermoedelik op soek na items om te steel. Foto: Rusa

Polisiebeamptes van KwaZulu-Natal het vyf verdagtes in verband met die moord op ʼn egpaar in hul 60’s aangekeer.

Gesteelde goedere, waaronder selfone en ʼn motor asook huishoudelike items, is teruggevind ná ʼn uitgebreide soektog in onder meer Inanda, Ndwedwe en Cottonlands, waar die moord plaasgevind het.

Die verdagtes, tussen 18 en 30 jaar oud, kom na verwagting Vrydag in die landdroshof in Verulam op aanklagte van moord en diefstal voor.

Brig. Jay Naicker, woordvoerder van die polisie, het gesê die verdagtes word verbind met die moord op die egpaar Dhir Singh (68) en sy vrou, Kay (63), in Verulam. Die polisie het op Maandag 3 September omstreeks 12:00 op die paartjie se liggame in hul huis in die buurt Cottonlands afgekom.

Reaction Unit South Africa (Rusa) is die betrokke dag kort voor 13:00 ontbied nadat ʼn familielid deur ʼn venster by die Singhs se huis ingekyk en bloed op die slaapkamervloer opgemerk het.

Beamptes het deur ʼn oop venster toegang tot die huis verkry en ʼn plas bloed, wat met ʼn handdoek bedek is, by die ingang van die slaapkamer aangetref. ʼn Bloedspoor het Rusa-beamptes na die badkamer gelei, wat ook gesluit was.

Kay is vermoedelik verwurg, terwyl haar man meswonde aan sy nek gehad het. Die huis is geplunder en ʼn televisiestel en die Singhs se donkergroen Toyota Conquest gesteel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

wat nog! ·

Ja nou sê hy SA is soos n oorlog slag veld!
Hy sit agteroor en erken eintlik dat hy nie sy werk doen nie,en so what!!
Niemand kan hom niks doen nie!
Useless!!

Tikkel tokkel ·

Hulle is “vas” wanneer hulle skuldig bevind en gevonnis is. Baie water moet nog on die see loop…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.