Vyf vas vir olifanttande van meer as halfmiljoen rand

olifantbul nbcnews

Argieffoto

Vyf mense van Lefaragatlha buite Rustenburg in Noordwes is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van olifanttande.

Lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, sê die polisie kon dié mans in hegtenis neem ná ʼn wenk van die gemeenskap oor die onwettige verkoop van ivoor.

Volgens Funani is die groep in ʼn huis in Lefaragatlha vasgetrek. “Die polisie het die huis en die perseel deursoek en twee olifanttande, met ʼn geraamde waarde van R600 000, in die kattebak van ʼn Toyota Vios met ʼn Botswana-registrasienommer gekry,” sê sy.

Sy sê die verdagtes kon nie aan die polisie verduidelik waarom hulle olifanttande in hul besit het nie, en is in hegtenis geneem.

Volgens haar sal al vyf verdagtes Donderdag in die landdroshof in Bafokeng verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.