Vyf vas vir Parys-pypmoord

Craig Marx. Foto: Pink Ladies/Facebook

Craig Marx. Foto: Pink Ladies/Facebook

ʼn Pa, sy twee seuns en hul twee vriende is in hegtenis geneem in verband met die moord op ʼn sakeman van Parys in die Vrystaat. Craig Marx (47) is glo lewend in ʼn stormwaterpyp begrawe, het Rapport Sondag berig.

Volgens die berig het die 51-jarige pa tydens ondervraging deur die polisie gesê ʼn internasionale dwelmsindikaat en Al-Kaïda is verantwoordelik vir die dood van Marx.

Marx is op 4 Desember glo in ʼn lokval gelei deur die vyf mans, wat glo al opknappingswerk by sy huis gedoen het.

Die pa, wat Marx glo R10 000 geskuld het, het glo saam met sy 17 en 21-jarige seuns en hul 17 en 19-jarige vriende ʼn skoktoestel gebruik om Max te verlam. Hulle het hom glo hierna met ʼn staalpyp aangerand voor hulle hom met plastiek en toue toegedraai het.

Die mans het Marx glo hierna lewend in ʼn stormwaterpyp sowat 15km buite Parys gegooi. Volgens die lykskouing het Marx waarskynlik versmoor.

Die beweerde moordenaars is later deur middel van kringtelevisiebeeldmateriaal geïdentifiseer nadat hulle ná die moord by ʼn vulstasie gestop het om koeldrank te koop. Daar is ook R20 000 uit een van Marx se bankrekeninge onttrek.

Die vyf verdagtes sal na verwagting volgende week in die hof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

revenge is sweet ·

Bielie nee dit gaan te vinnig wees , sit almal in een water pyp , sal meer regverdig wees

Willem.Niemandt. ·

Ek geniet afrikanse nuus in Maroelamedia dit bevat alle nuus wat nuus waardig is,en ek sal voortaan n”gereelde leser wees en sien uitdaarna.

Amanda ·

Stem saam. Vir beeld se berigte moet jy betaal as jy 4 of 5 gelees het…..

Pieter ·

Is dit mans of swartes? Hoekom handhaaf Maroela die siek liberalw politiek korrekte beleid om die ras van aanvallers te verbloem agter generiese terme soos ‘mans’ of ‘jeugdiges’ – gee ons die waarheid ons kan dit hanteer anders is daar geen verskil tussen julle en Naspers nie

JT ·

Ongelukkig moet ek bevetsig al die verdagtes is blanke mense. Skaam om dit te se.

Ella van der Schyff ·

Dit is al vyf Blankes-dis wat dit nog erger maak!! Borgaansoeke word Woensdag 14 Januarie 2014 aangehoor. Mag reg en geregtigheid geskied!!!

kathleen Olivier ·

Dis ontstellend dat dit blankes is wat dit gedoen het

annette duvenhage ·

‘n Lewe beteken niks vandag nie Godeloosheid seevier en satan kry lekker.

Lin ·

wat ‘n SIEK wereld , hys vermoor omdat ander hom geld geskuld het ? Ek dink Nie ek gaan sommer weer vir iemand Geld leen NIE !!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.