Vyf vas vir renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

Vyf vermeende renosterstropers is Vrydag in die Krugerwildtuin in hegtenis geneem, het SANParke gesê.

Paul Daphne, woordvoerder van SANParke, het gesê die vyf is in Tshokwane in hegtenis geneem na ʼn gesamentlike operasie met die polisie. Hy het gesê twee voertuie, wat vermoedelik gebruik is vir renosterstropery in die wildtuin, is voorgekeer en deursoek.

Volgens Daphne is daar op ʼn .375-jaggeweer, ʼn knaldemper, ammunisie en ander toerusting wat vir stropery gebruik word beslag gelê. “Dit is ‘n duidelike aanduiding van die samehorige uitwerking van die nasionale gesamentlike operasionele en intelligensie-struktuur (Natjoints) en dat samewerking en gesamentlike operasies noodsaaklik is as ons die kriminele-sindikate wil verslaan,” het hy gesê.

Volgens Daphne is daar sedert die begin van die jaar reeds 104 mense in die wildtuin in hegtenis geneem in verband met stropery-aktwiteite.

Klik hier vir vorige berigte oor renosterstropery.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.