Vyf vas vir renosterstropery

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Vyf vermeende renosterstropers is in Limpopo in hegtenis geneem.

Kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, het gesê die polisie het Donderdag ʼn motor van die pad af getrek tussen Modjajiskloof en Polokwane. Polisiebeamptes het die motor deursoek en op ʼn .303-jaggeweer, ammunisie, ʼn knaldemper, ʼn byl, ʼn saag en jagmesse beslag gelê.

Volgens Otto is daar ook moetie in die motor gevind. Die vyf verdagtes, drie Mosambiekers en twee Suid-Afrikaners, sal na verwagting Maandag in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om renosters te stroop en die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Paul ·

Ek wens so die wildbewaarders wat die ouens vang wil ophou vang en eerder doodskiet want volgende week moet die renostermoordenaars weer gevang word nadat hulle op R100 borg vrygelaat is. Hierdie spul is almal in diens van die manne in belangrike poste in die regering.

Pierre Celliers ·

Ek stem saam Paul. Deur hulle net boetes op te le, word dit net ‘n bose kringloop en kry nooit end nie. Hulle ken die risikos so, laat die ergste met hulle gebeur.

CHRISTA ·

Jaag hulle net tussen die klomp wilde leeus in. Julle sal nie eers die oorskiet hoef op te tel nie. Die hienas sal dit doen!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.