Vyf vas vir renosterstropery

Argieffoto

Argieffoto

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met ʼn voorval verlede maand toe twee renosters vir hul horings doodgemaak is op ʼn plaas in Hartbeesfontein, Noordwes.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die vyf verdagtes, tussen 21 en 42 jaar oud, sal Maandag in die Stilfontein-landdroshof verskyn. Volgens Mokgwabone is die verdagtes Donderdag by ʼn huis in Khuma, naby Stilfontein, in hegtenis geneem.

“Die polisie het die verdagtes se motor agtervolg tot by die huis en dit deurgesoek. Die polisie het ʼn jaggeweer, knaldemper, pistool en ammunisie in die voertuig gevind.” Volgens Mokgwabone is ʼn sesde verdagte reeds op 3 Mei in hegtenis geneem en hy het Donderdag in die hof verskyn. Sy saak is tot 12 Mei uitgestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Cherokee ·

Dit is lekker om te lees dat hulle gevang is maar dit sal lekkerder wees om daarvan te lees as hulle gevang word voordat hulle die diere slag.

Scalla ·

Doen dieselfde met die stropers as wat hul aan die renosters gedoen het.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.