Vyf vas wat glo kitsbank wil opblaas

Foto: SAPD

Die polisie in Noordwes het vyf verdagtes in hegtenis geneem wat glo beplan het om ʼn kitsbank op te blaas.

Volgens lt.kol. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie, is daar inligting ontvang dat ʼn kitsbank in Marikana opgeblaas gaan word. Die polisie het op die inligting reageer en op vyf verdagtes in Bapong naby Mooinooi toegeslaan.

Daar is op twee voertuie, ʼn Toyota Avanza en ʼn Ford Ranger-bakkie, beslag gelê. Volgens Funani is daar drie vuurwapens, ammunisie, ploftoestelle en toerusting vir huisbrake in die verdagtes se besit gevind.

Die verdagtes, tussen 35 en 52 jaar oud, sal na verwagting Maandag in die Brits-landdroshof verskyn op aanklagte van sameswering om ʼn misdaad te pleeg en die onwettige besit van vuurwapens, ammunisie en plofstof.

Volgens Funani het voorlopige ondersoek bepaal dat die bakkie in Desember tydens ʼn kaping in Bedfordview gesteel is. Die ondersoek duur voort.

Foto: SAPD

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Pieter ·

Vir Afrikaners en ander Afrikaanssprekendes bied die VF+ n goeie tuiste. Die DA sal nêrens sonder die VF+ as alliansie vennoot hond haaraf maak nie. Pieter van Bethlehem

Peter Holmes ·

Baie geluk SAPD.So jammer die howe en ANC werk teen julle. Oormore weer uit op borg. Plaas moordenaars (onwettige immigrante) word dan op R500 borg vrygelaat.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.