Vyf vas wat glo Mpumalanga-boer wou vermoor

Argieffoto: SAPD

Argieffoto: SAPD

Vyf mans is Donderdag in die vroeë oggendure in die Bethal-omgewing naby Secunda in hegtenis geneem nadat hulle glo beplan het om ʼn plaaslike boer, wat hulle sy grond belet het, te vermoor.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, het aan Maroela Media gesê die inhegtenisneming volg ná ʼn gesamentlike poging deur die Valke, die Secunda-polisie se georganiseerde misdaadeenheid, SANEB, CIG Secunda en ander betrokkenes.

“Die vyf verdagtes, tussen 33 en 48 jaar oud, is omstreeks 02:00 by hul onderskeie wonings in hegtenis geneem op aanklag van sameswering tot moord,” het Sekgotodi gesê.

“Die verdagtes het na bewering op ʼn wit boer se plaas gewoon. Die boer het hulle later versoek om van sy grond af te trek en die verdagtes het geweier. ʼn Hofbevel is later teen hulle uitgereik.”

Volgens Sekgotodi het die groep glo in 2016 beplan om die boer te vermoor. Die boer het hiervan te hore gekom en ʼn saak by die polisie aanhangig gemaak.

“Die mans is ná verdere ondersoek in hegtenis geneem. Tydens die inhegtenisnemings is ʼn ongelisensieerde vuurwapen, waarvan die reeksnommer afgevyl is, in die 33-jarige man se besit gevind. Daar word vermoed dat dit die wapen is waarmee die groep beplan het om die boer te vermoor.”

Die 33-jarige man het reeds Donderdag in die Vosman-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van ʼn ongelisensieerde vuurwapen. Al vyf verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Bethal-landdroshof verskyn op aanklag van sameswering tot moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nico ·

Hy gaan geen noemenswaardige regsgevolge dra. Maak met plaasmoorde soos met dronkbestuur : konsepte vir bylaag 6 misdryf.

G ·

Daar word genoem dat dit ‘n wit boer is, maar die wat gearresteer is, word net verdagtes genoem? Let’s call a spade, a spade sodat die res van die wêreld kan sien hoe ons witnasie uitgemoor word. Huidiglik word verkondig dat dit die swartes is wat onderdruk word en wat aan rassisme blootgestel word die hele tyd, intussen maak die media dit maklik vir die regering om daai wanpersepsies die wêreld in te stuur.

TM ·

Dit sou goeie nuus gewees het as ons geweet het hulle sal agter tralies bly, maar teen volgende week loop hulle weer vry met ‘n waarskuwing. As ek die boer is sal ek myself en my huis begin beveilig.

Izak ·

DIE PERSVERKLARING VAN DIE OWERHEDE MOES KLEM GELÊ HET OP Ń SAMESWERING OM Ń RASSEHAAT MOORD TE PLEEG…..
DIE #BOERELEGIOEN MOET ONTPLOOI NA DIE HOWE OM TE EIS DAT DIE OWERHEID RASSE MOORDE VEROORDEEL

Bokram ·

Ia daar n wet wat se jy mag nie swart mense identifiseer nie??

Elsie ·

Net baie snaaks dat hulle wel opgetree het. Gewoonlik moet daar eers iets gebeur en dan doen hulle niks noemenswaardig daaraan nie!

lw ·

Hierdie is nie n geisoleerde geval nie, dis n georganiseerde beplanning om die boer van sy grond af te kry juis omdat politieke leiers rassehaat aanwakker. Die politieke leiers moet besef wat jy saai sal jy maai. Sou hul ooit so iets regkry om die boere vd grond af te kry, sal plaasmoorde honderdvoudig toeneem – dan is dit nie meer rassehaat nie – maar swart teen swart, hetsy oor gierigheid of naywer ens.

Anoniem ·

Hy was dom. Hy moes bystand gekry het en hul ingewag het. Dan sou die samelewing dalk nou ‘n beter plek gewees het en een gemors minder. More loop hul weer buite rond en hierdie keer hoor hy dalk nie betyds van hul sameswering nie.

Neels ·

Eish. Mens kan baie dinge met hulle doen maar moet hulle asb nie in n kis sit nie…..klink my dis erger as die doodstraf!!!

Jane ·

Mooi so . SA VAT HULLE . as alle misdade so hanteer word en alle ernstige klagtes KAN die moorde op boere afneem . DANKIE dat die polisie dit ernstig opgeneem het en met die Valke en alle betrokkenes hanteer het .. NOG ‘n lewe is gespaar .. Dankie vir julle FLINKE optrede. Die boer het die regte ding gedoen om homself die minste probleme te spaar. EK wonder net WAT gee iemand die reg om NIE iemand se grond te verlaat as hy afgedank word nie, en dan saamsweer om hom te vermoor oor VERbLYF? AS ek more by my werk afgedank word kan ek NIE oormore terugkom en nogsteeds my kantoor beset nie, mense moet BESEF as jy vir ‘n boer werk is dit deel van ‘n BESIGHEID, dit is nie ‘n Liefdadigheidsorganisasie of PLAKKERKAMP nie.

Piet ·

Wat deongeluk is die boerelegioen? G dit wat jy noem was inderdaad baie opvallend. Kyk maar net wat se rasse sensasie is gemaak van die kis episode. Waar is almal wat toe so tekere gegaan het?

jaco ·

dis vreemd dat hulle gevang is. om boere te vermoor is dan al amper regeringsbeleid. Maar dis nog vroeg. elkeen sal seker net ‘n opgeskorte vonnis kry. iets soos 3 jaar tronkstraf opgeskort vir 1 jaar…

FRED ·

Dankie vir die polisie en die valke. Julle was potent. Gee hulle die kridiet. Wonder net wat die EFF se van dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.