
Die vyf vermeende rowers is in die vroeë oggendure aangekeer. (Foto: SA Polisie
Vyf mans is agter tralies nadat die polisie vanoggend in die vroeë oggendure toegeslaan het op ʼn bende wat glo ʼn rooftog in Hotazel in die Noord-Kaap wou uitvoer.
Lede van die polisie se taktiese reaksiespan en lede van die Valke het inligting ontvang dat die groep in ʼn Quantum-bussie ry en na bewering beoog om ʼn OTM op Hotazel op te blaas.
Die bussie is opgespoor en afgetrek waarna die bestuurder die hasepad gekies het, het lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, gesê.
Die vyf insittendes in die bussie is deursoek en die polisie het beslag gelê op ploftoestelle, drie pistole – waarvan een ʼn speelgoedpistool was – en handskoene.
“Die verdagtes is tussen 19 en 31 jaar oud en is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en plofstof. Hulle sal na verwagting binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn,” het Mooi gesê.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
12 Kommentare
Nog monde wat die belastingbetaler moet voed. Skiet hulle!
Eerstens, dis nie plofstof, dis springstof. Goeie werk!!
Maak die Spingstof om hul lywe vas steek die lont aan! Daarna kan hul aansoek vir borg doen!
Tipies dat die drywer weg gehol het want dit is verpligte gedrag. Die 5 insittendes sou waarskynlik ook weg gehol het maar miskien kon die taxi se deur nie gou genoeg oop gaan nie. Of hulle het besef dat n speelgoed geweer nie veel teenstand sou bied teen die polisie nie. Hoop hulle het geweet hoe om n ploftoestel te aktiveer anders kon hulle dalk maalvleis gewees het. Soek Boswilkie nie nog narre nie? Hier is miljoene/
Wys jou net wat n wenk kan uitrig. Kuruman is vrot van misdaad, daars nog n betroubare wenk vir SAPS