Vyf vas wat kitsbank op Hotazel glo wou opblaas

Die vyf vermeende rowers is in die vroeë oggendure aangekeer. (Foto: SA Polisie

Vyf mans is agter tralies nadat die polisie vanoggend in die vroeë oggendure toegeslaan het op ʼn bende wat glo ʼn rooftog in Hotazel in die Noord-Kaap wou uitvoer.

Lede van die polisie se taktiese reaksiespan en lede van die Valke het inligting ontvang dat die groep in ʼn Quantum-bussie ry en na bewering beoog om ʼn OTM op Hotazel op te blaas.

Die bussie is opgespoor en afgetrek waarna die bestuurder die hasepad gekies het, het lt.kol. Dimakatso Mooi, polisiewoordvoerder, gesê.

Die vyf insittendes in die bussie is deursoek en die polisie het beslag gelê op ploftoestelle, drie pistole – waarvan een ʼn speelgoedpistool was – en handskoene.

“Die verdagtes is tussen 19 en 31 jaar oud en is in hegtenis geneem vir die onwettige besit van vuurwapens en plofstof. Hulle sal na verwagting binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn,” het Mooi gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Wondermaarnet ·

Nog monde wat die belastingbetaler moet voed. Skiet hulle!

Cherokee ·

Of die stof ontplof en of dit die mure uitmekaar laat spring, is nie verskil nie, maar ek hou van beskrywende woorde en die woord soos gebruik is meer beskrywend.

Gert van Wierdapark ·

Maak die Spingstof om hul lywe vas steek die lont aan! Daarna kan hul aansoek vir borg doen!

jakes ·

Tipies dat die drywer weg gehol het want dit is verpligte gedrag. Die 5 insittendes sou waarskynlik ook weg gehol het maar miskien kon die taxi se deur nie gou genoeg oop gaan nie. Of hulle het besef dat n speelgoed geweer nie veel teenstand sou bied teen die polisie nie. Hoop hulle het geweet hoe om n ploftoestel te aktiveer anders kon hulle dalk maalvleis gewees het. Soek Boswilkie nie nog narre nie? Hier is miljoene/

Cherokee ·

jakes, jy dink jàrre terug! Alhoewel ek redelik onlangs op Brian Boswell se plaas was (nie ver van waar ek woon) roep ek ook steeds die naam Boswell & Wilkie op. Hul laaste vertoning was in 2001, in Alberton. Geskiedenis: https://www.circus.co.za/history.html

KrokodilBotha ·

Wys jou net wat n wenk kan uitrig. Kuruman is vrot van misdaad, daars nog n betroubare wenk vir SAPS

Danie Theron ·

Welgedaan SAPS. Die probleem is die boewe skrik nie meer vir die regstelsel.
‘n Sagte benadering sal nooit die probleem oplos

Piet ·

Ek wil aansluit by krokodilBotha ; Kuruman is ‘n vrot van misdaad. Lank vergete is ons eens rustige plattelandse oasis in die Kalahari. Reisigers word helder oordag by verkeersligte beroof deurdat deure oopgeruk word ens. Boewe klim sommer in motors in, deur oop motor vensters in druk verkeer. Goeie werk ! Dalk moes die SAP hulle net n rukkie langer tou gegee het en hulle dan sommer op heter daad getrap het en sodoende ‘n ekstra klag op die klagstaat gevoeg het.

Leon ·

Nog iemand wat nie sy deel van die buit sou kry nie en toe maar op sy maatjies “gesplit” het. Anders sou die polisie nooit daarvan geweet het nie.

SjN ·

Leon, ek stem saam met jou maar wil jou sin korrigeer deur te se, anders sou die monitors nooit daarvan geweet het nie. Hotazel raak warm, letterlik en figuurlik.

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.