Vyf vas wat kluis in kerk wou opblaas

Argieffoto

Vyf mans is vasgetrek terwyl hulle op pad was om ’n kerk se kluis te gaan opblaas – hulle het gedink die kluis bevat kontant en Krugerrande.

Kapt. Dineo Lucy Sekgotodi, woordvoerder van die Valke, het gesê lede van die Valke in Mpumalanga het Vrydag omstreeks 21:45 ʼn leidraad opgevolg van ʼn groep mense wat glo die kluis van ʼn kerk in Chweni in die Kabokweni-omgewing in Mpumalanga wou opblaas.

“Die span het die verdagtes op pad na die kerk vasgetrek. Hulle is tussen 25 en 38 jaar oud,” het Sekgotodi gesê.

Daar is beslag gelê op ʼn springstoftoestel ter waarde van R60 000 asook ʼn BMW-voertuig ter waarde van R70 000.

Die vyf verdagtes sal Dinsdag in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Bruno Stef ·

So arm soos n kerkmuis is seker in die geval nie van toepassing nie of andersins kan dit die Pastoor wees wat die gemeentelede met die kannetjie “Doom” tot bekering bring.

cor ·

Is hulle seker dit is die kluis en nie die hoeksteen nie, want volgens oorlewering het die kerke in die hoeksteen ou geld en dokumente ens. toe gebou vir ‘n nageslag , weet net nie watter nageslag nie want baie van die ou kerke het nie meer n nageslag nie en is al platgestoot.

Cherokee ·

Gaan kyk by Pick n Pay op die rakke waarvoor dit verkoop word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.