Vyf vas wat meisies glo as seksslawe aanhou

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mans is in Kutlwanong, naby Odendaalsrus in die Vrystaat, in hegtenis geneem nadat hulle glo twee meisies ontvoer en as seksslawe aangehou het.

Molebogeng Lechesa, polisiewoordvoerder, het Maandag gesê die meisies, onderskeidelik 12 en 14 jaar oud, is op 17 Februarie vrygelaat. Hulle het vir die polisie gesê hulle is as seksslawe in ʼn plakkershut agter ʼn huis aangehou.

Die vyf mans het glo die meisies betaal.

Die polisie het die meisies Sondag omstreeks 23:00 na die huis vergesel. “Die meisies het die verdagtes uitgewys, en hulle is dadelik in hegtenis geneem,” het Lechesa bygevoeg.

Die meisies het op 26 Januarie verdwyn.

Die vyf mans, tussen 22 en 25 jaar oud, noem hulself die “300” en het dié nommer op die meisies getatoeëer.

Hulle moet binnekort in die hof verskyn op aanklagte van ontvoering en statutêre verkragting.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

CHRISTA ·

Ek hoop dat die wet behoorlik uitgevoer sal word en dat hulle ‘n baie lang tronkstraf sal kry. Al het hulle die meisies betaal, dis steeds onwettig – hulle is ten eerste minderjarig!!!

Derek ·

‘n Mens het ‘n keuse om gelukkig of ongelukkig te wees, of om hoopvol of wanhopig te wees. Ons het nie ‘n keuse as om eerder hoopvol te bly nie. Ek glo om hoopvol en met geloof by gese, sal ons mos probleme begin aanspreek en dalk self oplos? Ek kan verstaan dat almal glo dat JZ het ‘n negatiewe invloed op almal, maar ek kan mos nie my “attitude” verander op die prestasie van 1 persoon nie? JZ se tyd om te groet is nader as wat ons dink, maar wat gaan sy opvolger aan jou gemoed doen?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.