Vyf vas wat Pta-bus glo petrolbom

'n Bus het Woensdag, 5 Oktober 2016, by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria uitgebrand Foto: shandus11, Twitter

‘n Bus het Woensdag, 5 Oktober 2016, by die Steve Biko-hospitaal in Pretoria uitgebrand Foto: shandus11, Twitter

Vyf mense is in hegtenis geneem in verband met die voorval waarin ʼn A Re Yeng-snelbus verlede week in Pretoria glo met petrolbomme bestook en aan die brand gesteek is.

Maroela Media het vroeër berig vier passasiers en die busbestuurder is Woensdagmiddag beseer en na ʼn hospitaal geneem toe ʼn brand op ʼn stilstaande bus by die Steve Biko-hospitaal uitgebreek het.

Kapt. Bonginkosi Msimango, polisiewoordvoerder, het ná die voorval gesê die brand is glo deur ʼn groep afgedankte busbestuurers gestig. Een persoon is kort ná die voorval in hegtenis geneem wat tot die inhegtenisneming van die ander verdagtes gelei het.

Sheila Lynn Senkubuge, burgemeesterskomiteelid vir vervoer, het Dinsdag die inhegtenisnemings verwelkom.

“Die polisie het reeds vier van die mense in hegtenis geneem en die vyfde verdagte is onder polisiebewaking in die hospitaal. Dié verdagte is na bewering beseer terwyl die brandstigtingdaad gepleeg is,” het Senkubuge gesê.

Sy het gewaarsku dat misdade teen die mense van Pretoria en skade aan private en munisipale eiendom tot kriminele vervolging sal lei.

“Ons verwag dat die regstelsel met hierdie brandstigters sal afreken en hul bedoelings met die betreurenswaardige dade ontbloot.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Raymond Bastone ·

Sluit toe en gooi sleutel weg maak ń voorbeeld van hulle

M ·

Enige skade aan privaat eiendom en munisipale eiendom IS ‘n kriminele oortreding . Ek was geleer dit is ‘n bylae 1 misdaad en so ver ek weet het dit nie verander nie.

NICKEY ·

Al wat gedoen word is net praat, ,intussen brand die sotte voort,want niemand gaan iets doen nie.

Stuiwer ·

Ek hoop die klag teen hulle sal onder andere poging tot moord insluit, na aanleiding van die mense wat beseer is!

Mamparra ·

Ek kan nie dit verstaan nie. Of ek is te dom of te slim, maar ek mis dit.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.