Vyf vas wat Sassa glo uit miljoene wil bedrieg

Argieffoto

Vyf vermeende bedrieërs wat die Suid-Afrikaanse agentskap vir maatskaplike sekerheid (Sassa) glo uit miljoene rande wou bedrieg, verskyn Maandag in die hof.

Die vyf is Vrydag in samewerking met die Valke en lede van die Butterworth-polisie in die Oos-Kaap in hegtenis geneem, het Paseka Letsatsi, Sassa-woordvoerder, gesê.

Hulle is op heter daad betrap waar hulle ʼn lys van begunstigdes aan ʼn Sassa-amptenaar gegee het, glo sodat kamma-begunstigdes toelae van miljoene rande sou kry.

“Dit het sedertdien duidelik geword dat die sindikaat uit Gauteng en KwaZulu-Natal bedryf word, aangesien al die bedrieglike onttrekkings daar gedoen word,” het Letsatsi gesê.

Die vyf verskyn later vandag in die Butterworth-landdroshof.

Die departement van maatskaplike werk is vroeër vandeesmaand sterk gekap omdat hy onreëlmatige en verkwistende uitgawes van nagenoeg R2 miljard aangegaan het. Sassa was verantwoordelik vir die meeste van dié uitgawes.

Die agentskap sukkel al ʼn geruime tyd om sy werk behoorlik te doen, na bewering weens swak bestuur, ongebreidelde korrupsie, asook onreëlmatige en verkwistende besteding.

Letsatsi het gesê die afgelope naweek se inhegtenisnemings wys dat die samewerkingsooreenkoms tussen Sassa en wetstoepassingsowerhede nou stadigaan begin vrugte afwerp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Magda ·

Dankie -stadig maar seker sal hulle almal is waar hulle hoort – TRONK met baie lang vonisse.

JZ ·

Tronk ,ag neewat as hulle erenstig is moes daar honderde in die tronk gewees het.

JZ ·

Net vyf ?/.daar moet baie meer wees om in so veel geld te deel.

Hendrik ·

Ek verstaan nie mooi nie, hulle oorhandig ‘n lys van’ begunstigdes’ wat dan toelae sal ontvang maar as my skoonma ingaan het hulle altyd ‘n lys verskonings oor hoekom hulle nie die aansoek kan aanvaar nie

Johanna Botha ·

En so gaan die skelmstreke net voort want niemand word gevang nie ….NVG asb begin julle werk doen !

Charlie ·

“…………. stadigaan.begin ……………”
Bestaan daar hoegenaamd ‘n term/gedagte soos “‘n sin vir dringendheid” ?? Help my reg asseblief !!!!!

“a SENSE of URGENCY” some one ???

Cleva Tsotsi ·

En die wat nog nie uitgevang is nie, lag al die pad Japan toe om te gaan rugby kyk….

Andre Cornelissen ·

Ek hoop hulle name en gesigte kom op die lappe . Dis heel moonlik personeel .

Kosie Kramer ·

Ek was op 26 September by SASSA in Meyerton, vir die mediese ondersoek, om te kwalifiseer aldien nie, vir `n ongeskiktheidspensioen. Die dokter het my in 50 sekondes ondersoek, en afgekeur. My hartversaking, en ernstige hartprobleem (ten spyte van `n ope-hartoperasie) is volgens haar nie permanent nie. Ek sal binne maande weer gesond wees. Daarom verdien ek glo nie `n pensioen nie.

Db ·

@Kosie Kramer. Hulle kan nie vir jou gee nie want daar is 5 nuwe kleintjies by terwyl jy aansoek gedoen net

Gert van Wierdapark ·

Baie skerp Cleva Tsotsi! Was nogal ‘oe oopmaker gewees! He-he-he! Nkandla

Hanlie ·

En so gaan dit voort!!!! Kosie Kramer ek sal my na ‘n prokureur wend as ek jy is. Dit is duidelik weer ‘n rasse ding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.