Vyf vas wat tieners glo ontvoer

(Argieffoto)

Vyf mense is in Johannesburg agter tralies ná die beweerde ontvoering van drie tieners die afgelope naweek.

Kapt. Lloyd Ramovha, woordvoerder van die Valke, het gesê die Ethiopiese kinders is na bewering in Suid-Afrika ingesmokkel en in Gauteng aangehou. Hulle ouers woon in Noordwes. ʼn Losprys van R50 000 per kind is glo vir die vrylating van elke kind geëis.

“Die Valke het die vyf verdagtes, wat ook Ethiopiërs is, Donderdagmiddag opgespoor en aangekeer,” het Ramovha gesê.

Hulle is in die omgewing van Brixton en Mayfair aangekeer, het hy gesê.

Die groep gaan aangekla word van mensesmokkelary, ontvoering en afpersing. Bykomende klagte kan hangende hulle hofverskyning bygevoeg word.

“Die tieners is gered en na ʼn plek van veiligheid geneem terwyl die ondersoek voortduur,” het Ramovha gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

sweis ·

Die meeste buitelanders blyk hulle besig te hou met verkeerde ding en ek dink dit is n groot rede hoekom die suid afrikaanse mense hulle so elke paar jaar bymekaar maak en wegjaag.

SjN ·

Hul is ingesmokkel maar hul ouers woon in Noordwes, iets rym nie, stuur almal terug na hul herkoms.

Zorro ·

Stem saam Sweis. Niemand wil die vreemde massas hier hê nie, maar die regering se ore is verstop. Hulle luister nie eers na hulle eie mense nie.

Chris du preez ·

Daardie ouers het die kinders laat insmokkel nou word daar meer geld geeis as wat ooreengekom is. Stuur die ouers en die kinders terug Ethiopië toe en sluit die ander toe

Hanna Hoekom ·

En hoeveel van hierdie Ethiopiers is wettig in die land? Kom ons raai: nie een nie! Mens praat nie vreemdelinghaat goed nie, maar genoeg is nou genoeg. Skande op ons regering! Die “oop grense” vir Afrika handel werk toe nou nie so lekker nie.

Frik ·

Hoekom stroom die hele afrika na Suid Afrika?
Vorige bedeling moes iets reg gedoen het dat almal hierheen wil kom

humor ·

Ja stuur die hele spul met hul kriminele aktiwiteite terug. Die belastingbetaler kan hul eenvoudig net nie meer bekostig nie. Ons eie mense in kampe lei honger terwyl hulle in tronke geil lewe.

Marietjie Stander ·

Ja die gewone mens op Straat weet van die forenars se bedrywighede en daar tree hulle teen hulle op. Die polisie doen nie hulle werk nie dis hoekom gemeenskappe reg in eie hande neem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.