Vyf vasgetrek ná Komatipoort-plaasmoord

Deon de Bruyn.

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met die moord op die 25-jarige Deon de Bruyn wat ʼn week gelede op ʼn plaas naby Komatipoort in Mpumalanga doodgeskiet is.

Kol. Mtsholi Bhembe, woordvoerder van die polisie, het dié nuus bevestig.

Bhembe sê die vyf verdagtes, tussen die ouderdom van 25 en 36 jaar, is vroeër die week in en om Tonga in Mpumalanga vasgetrek.

Die groep mans het glo reeds in die hof verskyn, en sal na verwagting eerskomende Vrydag hulle tweede hofverskyning voor die landdros in dié provinsie maak. Bhembe sê daar word verwag dat die mans dan ook formeel vir borgtog sal aansoek doen.

Lt.genl. Bethuel Zuma, polisiehoof in Mpumalanga, het die polisie geloof vir dié inhegtenisnemings.

Susan de Bruyn, Deon se ma, het vroeër aan Maroela Media vertel Deon was ʼn “jong boer in murg en been”.

Deon het saam met Estelle Jansen (59), wat vir hom soos ʼn “tweede ma” was, op die plaas Simonsvlei met suikerriet, mango’s en groente geboer. Estelle was verlede week in haar kamer toe ʼn man skielik te voorskyn gekom het. Volgens De Bruyn het Estelle met die aanvaller begin stoei en is hulle by die kamerdeur uit. Deon is net bokant die hart geskiet en Estelle is drie keer geskiet.

Die aanvallers het met net selfone gevlug toe Elmer, Estelle se seun, ʼn vuurwapen gaan haal het. Estelle is steeds in die hospitaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Borgtog ·

Die ouens gaan borgtog kry, daarom is dit nie rasioneel vir boere om grond saam te sit en aansoek te doen deur die relevante provisie in die konstitusie en internasionale wetgewing om hulle streek onafhanklik te maak nie?

TLC ·

OMW is daar tog SAPD wat hul werk erenstig opneem of wie het sulke stunning werk gedoe Wie dit is ek jul so dankbaar AMEN nie dat die stelsel hul werk gaan doen nie Oormore is hul uit op borg wat deur hul borge betaal word RIV ou grote

Stèfan ·

Ons gebede is met die slagoffers en hulle geliefdes. Mag God geregtigheid laat geskied en mag die buiteland bewus word van die wanorde wat hier heers. Ons het elkeen ‘n stem en ons moet dit gebruik.

Jacques ·

Ons probleem le by ons praat net en as dit by doen kom, is daar net 1 of 2. Kyk na ons geskiedenis en hul weet dit. Wat my bang maak vir die toekoms is, waar le die meeste van ons jong seuns in die aande? Hoe kan jy met hul in n politieke geveg betrokke raak. Die van ons wat dit nog kan doen is aan die uitsterf en oud

AD ·

Borgtog??? Wie befonds die mense.. behalwe vir ons belasting. Hier is iets grooter aan die gang. Dis vieslik

Ella ·

Te min te laat.
Niks kan hom en die wat hierdie naweek doodgemaak is, terugbring nie.

Chris Ws ·

Bly daar is vyf gevang.Hoop net die polisie het hul werk reg gedoen anders gaan daar niks van kom nie.
Wapens moet aan die persoon gedra word.Hoe gouer ons mense wakker word ivm dit hoe beter.’n Wapen in ‘n kluis word net veilig bewaar vir die teroriste om te kom haal.

Susan de Bruyn ·

Goeie dag almal.
Ek wil graag bevestig dat Komatipoort speurtak se mense nie n enkele klip onaangeraak gelos het nie. Dankie vir almal se ondersteuning en boodskappe. Dit word baie wardeur. Susan

Enna Burger ·

Hoekom kan die President nie opstaan en sy mense vra om op te hou om te moor en ons mense so wreed te mishandel. Dit is genoeg dit kan nie so aangaan nie, ons moet nou opstaan en saam staan en dit stop sit. Dit is ons reg.

Alida ·

Enna ons staan reeds saam indien jy nog wenke het oor “opstaan” en “saamstaan” hoor ons graag van jou.

Peanut ·

Is daar erens dalk iemand wat rekord hou van wat die moordenaars sê hul motiewe is vir die wreedheid en redes vir die moorde op plase is.

Bokkie ·

VYF vasgetrek vir EEN boer! wys julle net hoe lafhartig hulle is; dis met afgryse dat ek vanoggend lees van nog DRIE plaasmoorde die afgelope naweek.
Mag die Here julle almal vertroos wat agterbly. Ons innige simpatie.
Mooiplaas het nou Moorplaas geword. :(

PIKKEWYN ·

Susan, baie sterkte vir julle familie en gesin. Ek is so jammer vir julle pyn en verlies.
En dan BAIE dankie aan die speurtak daar by julle wie se werk nog DUIDELIK hulle trots is!!
Well done !!! Ons kort meer van julle!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.