Vyf verdagtes ontsnap binne 2 dae in Noordwes

Boitumelo Tsagae. Foto: SAPD

Boitumelo Tsagae. Foto: SAPD

Vyf gevangenes het Woensdag en Donderdag in twee afsonderlike voorvalle uit Noordwes-gevangenisse ontsnap.

Kol. Sabata Mokgwabone, woordvoerder van die polisie, het gesê die eerste ontsnapping het Woensdag in die vroeë oggendure by die Potchefstroom-polisiestasie plaasgevind.

“Die polisiebeampte was besig om die sel, waar twee gevangenes aangehou word, te sluit, toe een van hulle hom met ʼn gebreekte stuk rioolpyp oor die kop geslaan het. Die verdagtes het die selsleutel gegryp, die sel oopgesluit en ontsnap.”

Volgens Mokgwabone is een van die verdagtes wat ontsnap het, Lawrence Mayisela (33) Dinsdag tot 18 jaar tronkstraf gevonnis vir roof met verswarende omstandighede. Hy sou Woensdag na ʼn korrektiewe gevangenis oorgeplaas word. Die tweede ontsnapte is Boitumelo Tsagae (22), wat in aanhouding was op aanklagte van roof en diefstal.

Victor Madonsela. Foto: SAPD

Victor Madonsela. Foto: SAPD

In ʼn tweede voorval het drie verhoorafwagtende gevangenes Donderdag uit ʼn sel in Bethanie ontsnap deur die diefwering van ʼn venster in die sel te verwyder. Mokgwabone het gesê Victor Madonsela (41), Charles Chauke (31) en Patrick Moyo (24), was in aanhouding op aanklagte van roof en huisbraak.

Die publiek word versoek om enige inligting oor die Potchefstroom-ontsnaptes by konst. Skiet Mahlangu by 079 296 3949 aan te meld. Inligting oor die Bethanie-ontsnaptes kan by 082 373 9554 aangemeld word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Elize ·

Maroela Media: jul bewoording in paragraaf 1 is verkeerd. Die persone het nie uit ‘n gevangenis ontsnap nie, maar wel uit aanhouding in ‘n POLISIESEL.

Joann ·

Dit is nie snaaks nie,die wat hul moes oppas het seker lunch en teatime gehad,dit is mos die land se eerst preoriteit

Veritas ·

Kan die vlaag ontsnappings, uit Noordwes se aanhoudingsfasiliteite, blote toeval wees of is hier ander magte aan die werk? Dalk is dit maar net korrupsie. Dit is mos Suid-Afrika se nuwe nasionale sport waarin transformasie reeds die teiken van 95%, bereik het. Fokole Mbalula juig seker daaroor maar ek glo nie dit is regtig sy afdeling nie. My gevoel is dat hier iets onheilspellends aan die gebeur is. Hou maar dop, plaasaanvalle in dié provinsie, gaan spoedig kwaai toeneem.

Andrea van Vuren ·

Hoeveel geld gaan nog onder die tafel deurgestoot word???

Lance ·

Nou moet die publiek help want helfte is seker op betaalde verlof …dit verbaas niemand meer nie ….hulle is omgekoop en laat gaan ….dit gaan oor die polisie se eie morele waardes (huh wat is dit) , baie is korrup en het dan self n rekord .

Jef ·

He he he wat n patetiese klomp en dan vra hulle nog die publiek om enige inligting nee wat dis hulle job om die gemors opgesluit te hou, hulle word daarvoor betaal en dis hulle job om die gemors aan te keer en weer toe te sluit.
Nie die publiek se job nie.

Andrea van Vuren ·

Inwoners van Noordwes. Hou julle deure gesluit. Hulle (die ontsnaptes) is oppad! Julle mag nie skiet nie, want dan gaan julle vir moord aangekla word…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.