Vyf verdagtes oomblikke ná plaasaanval vasgetrek

Argieffoto: Reint Dykema

Argieffoto: Reint Dykema

Vyf verdagtes is vasgetrek oomblikke nadat hulle glo ʼn boer Woensdagaand op ʼn plaas buite Belfast in Mpumalanga oorval en beroof het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie, het gesê Gerrit Roos is omstreeks 19:30 op die plaas langs die N4 naby Sunbury oorval. Die verdagtes het glo kontant geëis. “Volgens die inligting wat ons tans het, het mnr. Roos se vrou gehoor wat elders in die huis gebeur en kon sy vinnig hulp van naburige boere ontbied. Die verdagtes het vermoedelik snuf in die neus gekry en het kort daarna te voet gevlug,” het Mohlala gesê.

Hy het gesê die gemeenskap het vinnig gereageer deur die polisie te ontbied en onmiddellik na die verdagtes te begin soek. “Vyf verdagtes is kort daarna in hegtenis geneem. Die gemeenskap het baie bygedra tot die inhegtenisneming van die verdagtes en ons bedank hulle vir hul positiewe samewerking.”

Mohlala het gesê twee vuurwapens is in die verdagtes se besit gevind. Dit is egter nog nie duidelik of die vuurwapens tydens die aanval gesteel is nie. “Ons is nog besig om te bepaal wat tydens die rooftog gesteel is. Gelukkig kan ek bevestig dat die slagoffers nie beseer is nie,” het hy gesê.

Hy het gesê dit is ook nie tans duidelik of daar nog verdagtes by die voorval betrokke was nie en dit sal deel vorm van die polisie se ondersoek.

Die verdagtes sal binnekort in die Belfast-landdroshof verskyn op aanklagte van huisroof en die onwettige besit van vuurwapens.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Tiger ·

Ek salueer die vrou wat so vinnig en skerp kon dink in so ‘n angswekkende situasie!Jy verdien ‘n medalje!Ek sal ook my bes doen om my man in ‘n soortgelyke situasie so goed by te staan.Gelukkig dra ek my 357 aan my 24/7.

JC ·

Mooi so julle, mooi!!Ons kort baie meer van die tipe saamwerkaksies!!Dan sal ons weer kan asemhaal. Ek is maar ‘n stadsjapie en kan my nie verbeel hoe dit moet wees om meer op ‘n plaas te woon nie. Respek!!

Koos ·

Dit was paraat gewees die ander boere gemeenskap kan leer by hierdie voorval hoekom moet ons altyd lees van boere wat oorval en vermoor is

Lance ·

Goedso moet probeer om altyd een voor te wees so bes mens kan

Chomp ·

Ek is baie trost om sê dat ons boere vereniging (nie dieselfde area nie…) spoedig bystand gelewer het en dat elke lid van die span 100% toegewyd is. Ek sien al hoe meer van ons boere wat begin saam staan in hierdie gevalle. Ons moenie op hou nie. Dankie vir julle toewyding en tyd. Dit word opreg waardeer. Dankbaar dat die Roos gesin veilig is.

Wiltrud ·

Dit is inderdaad vir `n slag goeie nuus. Die les wat hieruit geleer kan word: ontbied onmiddellik hulp wanneer jy iets snaaks hoor. So dikwels hoor `n mens dat die vrou gaan kyk het wat aangaan en dan ook oorval word. Moenie eers gaan kyk wat aangaan nie, maak kontak met iemand en gaan kyk dan. Jy kan altyd agterna laat weet dis `n vals alarm as dit nie nodig was nie.

Vissie ·

Die boervrou verdien ‘n medalje omdat sy kopgehou het. Die bure verdien almal ‘n stewige handdruk omdat hulle vinnig en korrek opgetree het. Die boer en sy vrou verdien ‘n klop op die skouer omdat hulle gereed was. As meer boere hierdie voorbeeld volg, sal meer kwaaddoeners aan die pen ry.

Elize ·

Is ook aangeval in Des in dieselfde omgewing. Sal graag opvolg nuus wil hoor re diè saak – dalk dieselfde klomp – was ook vyf. Het ons erg verinneweer en plek verniel opsoek na wapens. Balaklavas aangehad.

Theuns ·

Vlakvark, ek stem vir die kos op die tafel sit al weet ek jy bedoel iets anders. Kos en dop gedokter met strignien/temmiek kan dalk die trick doen!!

Kleintjie ·

‘n Parate plaaswag EN buurtwag kan wonders doen. Moenie dink jy wil nie betrokke raak nie. Sluit aan en doen julle deel.
Dit KAN ‘n verskil maak, maar alleenlik as almal BETROKKE is. Doen patrollies saam met die polisie. Hou GEREELD vergaderings en wees bedag op alle abnormaliteite. Selfs vreemde motors in julle omgewing. Die plaaswag in ons omgewing is uiters paraat, maar hulle is betrokke en staan nie afsydig nie.

Swartluiperd ·

Wraggies mense ek moet saamstem “dis nou n WAKKER RAAKVATVROU” daardie!!!! Ek het my vrou ook al goed gedril met paraatheid in en om die huis en so klein biekie selfverdediging net die nodigste. Dit was goeie werk en bystand van daardie gemeenskap en sapd. Ek hoop ons ander Afrikaners skrik ook biekie wakker, ek glo dan sal die rowers eers klop voor hul inkom vir tee en koekies.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.