Vyf verdagtes soek ná noodlottige skietery by huis

(Argieffoto: Miguel Roberts/AP)

Die polisie het ʼn grootskaalse soektog begin na vyf verdagtes nadat ʼn man doodgeskiet is en ʼn polisiebeampte en drie ander mense gewond is tydens ʼn skietery by ʼn huis in Thabong in Welkom in die Vrystaat.

Die 48-jarige huiseienaar het Vrydagaand kuiergaste aan huis ontvang toe vyf onbekende gewapende mans skielik by die huis ingestorm en op geld aangedring het.

Volgens brig. Motantsi Makhele, polisiewoordvoerder, het die huiseienaar hom teëgesit waarna skote afgevuur is. ʼn Man is in die bors geskiet en is op die toneel dood verklaar. Nog twee mense wat in die huis was is geskiet en gewond.

Die verdagtes het ʼn onbekende bedrag geld gesteel en was op pad om te vlug toe polisiebeamptes wat die area gepatrolleer het by die huis aangekom het. “Die verdagtes het op die polisie geskiet en ʼn 32-jarige konstabel is gewond. Sy is na ʼn plaaslike hospitaal geneem vir behandeling. ʼn Polisievoertuig is ook tydens die voorval beskadig.”

Die verdagtes het in ʼn wit dubbelkajuitbakkie van die toneel gevlug. Sake van huisroof, moord en poging tot moord word ondersoek.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Persheks Adri ·

Wat nou nog? Moord en dood waar ons lees…

Vir solank as wat die rooi petters vrylik rondloop en geweld aan hits gaan hier nie moorde stop nie! Daar MOET ‘n duidelike boodskap gestuur word en ‘n voorbeeld van hulle gemaak word! 

Derek ·

Die goue kalf wat aanbid word in SA, mammon, die god van geld. Die ANC stel die voorbeeld! Jacob Zuma het mos gese sy mense hoef nie te werk nie, die man van wetteloosheid 2 Korintiers 2!

Cornelius ·

Dit klink of die skurke meer bekwaam is as die polisie, n prentjie wat n mense alhoemeer opmerk in die misdaad geteisterde land.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.