Vyf verdrink tydens doopdiens

Argieffoto ter illustrasie. (Foto: Pixabay)

ʼn Jong kind is een van die vyf mense wat die afgelope naweek tydens ʼn doopdiens in die Vrystaat verdrink het.

Die vier volwasse slagoffers het verdrink terwyl hulle glo die kind uit die water probeer red het.

Kapt. Stephen Thakeng, polisiewoordvoerder, sê die voorval het Saterdag om 13:30 by die Vetrivier naby Wesselsbron plaasgevind.

Volgens ooggetuies het die oorlede kind se ma haar in die rivier vasgehou tydens ʼn doopdiens toe sy skielik haar greep op die kind verloor het. Die water het die 12-jarige kind meegesleur.

“Vier mansgemeentelede het die voorval sien gebeur en het probeer om die kind van verdrinking te red,” sê Thakeng.

“Hulle kon egter nie by die kind uitkom nie en het saam met haar in die rivier verdrink.”

Polisieduikers het later dieselfde dag die liggame van die kind, asook dié van Tshediso Manong (29), Tshepo Moleleki (34), Tefo Katotsa (39) en nog ʼn 37-jarige man wie se identiteit nie bekend gemaak is nie, uit die rivier gebring.

Die polisie het kerkgangers gewaarsku om riviere te vermy en eerder dié soort dienste elders te hou, veral wanneer die betrokkenes nie bedrewe swemmers is nie.

“Mense moet water vermy as hulle nie kan swem nie,” sê Thakeng.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Voilet ·

Ai jong, wat iets wonderliks moes wees het tragies geeindig

Perdeby ·

Daars nie pille vir sulke mense nie. Hoe doop jy iemand in sulke sterk water??? Gaan my verstand te bowe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.