
Argieffoto
Vyf verhoorafwagtendes het Dinsdagmiddag uit aanhouding in Malamulele in Limpopo ontsnap.
“ʼn Gevangene het ʼn polisiebeampte oorweldig terwyl hy na ʼn polisievoertuig vergesel is,” het kol. Ronel Otto, woordvoerder van die polisie, in ʼn verklaring gesê. Die gevangene het ook die staatsvoertuig gesteel. “Ses verhoorafwagtendes, wat in aanhouding is op aanklagte wat strek van moord, diefstal en aanranding met die doel om ernstige liggaamlike skade aan te rig, het in die proses ontsnap.”
Die voorval het omstreeks 16:15 by die Malamulele-landdroshof plaasgevind. “Die voertuig is later ongeveer 25 km daarvandaan verlate gevind.”
Volgens Otto is ‘n sesde verhoorafwagtende steeds in die polisie se aanhouding. Die persone wat ontsnap het, is David Madala Mhlongo, Cliff Sithole, Lucas Siweya, Manuel Thembi Simango en Bernard Ndove.
Die polisie stel ondersoek in.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Hier is n muishond. Dit is geheel en al te maklik en wil voorkom of als vooraf ge reel is.
By Malamulele-landdroshof.
Lyk my dit gaan lekker daar.
Moet eerder wees Mallemeule-landdroshof . . .
Ja nee. Ek ruik n rot. Waarvoor was hulle in????
Ja nee. Ek ruik n rot. Waarvoor was hulle in????
Sluit die hele stasie toe as jy n eerlike en opregte bevelvoeder en offisiere het wat weet wat hulle pligte is sal dit nie gebeur nie