Vyf mense het tot so ʼn mate verbrand dat hulle nie herken kon word nie, nog een is dood en een is beseer toe twee voertuie tussen Derby en Ventersdorp gebots het.
Thabo Sematle, Noordwes se woordvoerder vir gemeenskapsveiligheid en vervoerbestuur, het Woensdag gesê die voorval het Dinsdagaand op die R30 plaasgevind.
“Volgens wetstoepassingsowerhede op die toneel het albei voertuie aan die brand geslaan toe hulle mekaar tref. Vyf mense is erg verbrand en twee is na nabygeleë hospitale gehaas vir noodbehandeling,” het Sematle gesê.
Volgens hom is een persoon by die aankoms by die hospitaal dood verklaar. Die ander beseerde is steeds in ʼn stabiele toestand.
Een voertuig met twee insittendes was op pad van Ventersdorp na Derby terwyl ʼn taxi met sewe mense, die bestuurder ingesluit, van Derby na Ventersdorp gereis het toe die voorval plaasgevind het.
Dit is nie in dié stadium duidelik presies hoe die ongeluk plaasgevind het nie.
ʼn Saak van strafbare manslag word ondersoek.
Trompop, kop-teen-kop, reg van voor, taxi(?)