Vyf verkool in ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is dood in ʼn gru-ongeluk in die suide van Johannesburg toe ʼn voertuig Vrydag in die vroeë oggendure omgeslaan en aan die brand geraak het.

Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die Nasrec- en Randskoupad gebeur. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die motor gevind waar dit op sy sy in die veld langs die pad gelê het. Die voertuig was in ligte laaie.

“Die brand- en reddingsdienste het die vuur geblus,” het Bodasing gesê. “Een persoon is naby die uitgebrande motor gevind en vier ander was steeds in die voertuig. Daar was ongelukkig niks wat paramedici kon doen nie en al vyf mense is op die toneel dood verklaar.”

Volgens Bodasing word daar vermoed dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het voordat dit omgeslaan het. “Die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Karen ·

Ek stem, spoed kan definitief ‘n oorsaak wees. Alhoewel ek al 2 keer beheer oor my kar verloor het en albei kere was buite my beheer. Ek was net een van die gelukkiges wat niks oorgekom het nie – met die Hulp van Bo natuurlik!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.