Chitra Bodasing, woordvoerder van ER24, het gesê die voorval het op die Nasrec- en Randskoupad gebeur. Met paramedici se aankoms op die toneel het hulle die motor gevind waar dit op sy sy in die veld langs die pad gelê het. Die voertuig was in ligte laaie.
“Die brand- en reddingsdienste het die vuur geblus,” het Bodasing gesê. “Een persoon is naby die uitgebrande motor gevind en vier ander was steeds in die voertuig. Daar was ongelukkig niks wat paramedici kon doen nie en al vyf mense is op die toneel dood verklaar.”
Volgens Bodasing word daar vermoed dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het voordat dit omgeslaan het. “Die presiese oorsaak van die ongeluk sal deur die polisie ondersoek word.”
Ai, nou nie die manier om ‘n Vrydag te begin nie.
Stem
Dis jammer, MAAR spoed is 1 van die oorsake.
Ek stem, spoed kan definitief ‘n oorsaak wees. Alhoewel ek al 2 keer beheer oor my kar verloor het en albei kere was buite my beheer. Ek was net een van die gelukkiges wat niks oorgekom het nie – met die Hulp van Bo natuurlik!