Vyf verkool toe motor vlamvat ná ongeluk

Argieffoto

Argieffoto

Vyf mense is dood toe die motor waarin hulle gereis het teen ʼn insleepvoertuig gebots het naby Pongola in KwaZulu-Natal.

Zinhle Mngomezulu, woordvoerder van die KwaZulu-Natalse padverkeersinspektoraat, het gesê die ongeluk het Saterdag omstreeks 22:00 plaasgevind. Sy het gesê ʼn BMW het gebots teen ʼn insleepvoertuig wat op pad was na ʼn ongelukstoneel.

Volgens Mngomezulu was die insittendes van die BMW in die motor vasgekeer en het die motor ná die botsing aan die brand geslaan. Hulle is onherkenbaar verkool.

Die insittendes van die BMW het glo ʼn partytjie bygewoon en het vinnig winkel toe gery. Hulle was glo weer op pad na die partytjie toe die ongeluk plaasgevind het.

Mngomezulu het gesê die bestuurder van die insleepvoertuig en sy passasier is beseer in die ongeluk, maar is reeds uit die hospitaal ontslaan.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Gerda ·

Jammer geen simpatie met die insittendes vd bmw nie. Hulle was sekerlik onder die invloed vam alkohol en dalk dwelms ook. En met watse spoed het die bmw se bestuurder gery dat kar met botsing aan die brand slaan?

Christo ·

Ek dink dit is dom om so n statement te maak, hoe weet jy? en al was wie in die voertuig dit is nog steeds iemand wat aan die dood afgestaan is. Iemand se ma of dogter of seun, baie ongevoelig van jou.

kobus ·

Ek stem saam, die insleepvoertuie kan hulself ook nie veronskuldig met hul padverbruik bestuursvermoe nie, veral op pad na n ongeluk toe. Wie eerste is kry die werk. Ons moet maar almal aan ons padgebruik maniere werk, ek ingesluit.

Gerthard ·

Gerda, het jy geweet dat die bestuurder deel van ‘n nooddiens span was? Iemand wat hulle eie lewe in gevaar stel om ander te help? Ek hoop volgende keer wat jy in ‘n nood is, sal die mense met jou simpatie hê.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.