Vyf vermeende plaasaanvallers vas

(Argieffoto ter illustrasie: Maroela Media)

Vyf beweerde misdadigers is Dinsdag aangekeer nadat verskeie huisrooftogte en plaasaanvalle in die omgewing van Warden in die Vrystaat aangemeld is.

“Die polisie se taktiese reaksie-eenheid het talle klagte van huisrooftogte wat vooraf beplan blyk te gewees het opgevolg. Volgens inligting wat die polisie ontvang het, was ʼn sindikaat besig om rooftogte by huise en plase in die omgewing uit te voer,” het Motantsi Makhele, woordvoerder van polisie in die Vrystaat in ʼn verklaring gesê.

Die verdagtes wat gister in hegtenis geneem is, word onder meer verbind met ʼn voorval in April vanjaar toe eiendom en kontant ter waarde van R600 000 gesteel is.

Volgens Makhele sal die verdagtes eersdaags in die landdroshof op Warden verskyn op aanklag van huisroof, huisbraak en diefstal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Casper ·

Hoe het hulle geweet van die groot hoeveelheid geld in die huis.Bly hulle is gearresteer.

Peter Pan ·

Een van die dae gaan ons nie meer lees oor plaasaanvalle of moorde nie, want dan is daar nie meer enige boere oor nie… dis die waarheid. Jammer

Jack ·

Die aanvallers is georganiseer soos die terroriste van ouds en ek glo hulle kry opleiding van die ontbinde mk want dis n maklike manier om geld telefone en vuurwapens te bekom en sommer n paar van die vyand dood te maak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.