Vyf vermeende rowers deur polisie doodgeskiet

(Foto: Valke)

Vyf vermeende bankrowers is Maandag noodlottig gewond tydens ʼn skietgeveg met die polisie op die N14/Ventersdorp-hoofweg aan die Wes-Rand.

Volgens kol. Katelgo Mogale, woordvoerder van die Valke, is daar inligting ontvang dat verdagtes in ʼn silwergrys Toyota en wit Volkswagen Polo ʼn rooftog in die Carletonville-area beplan.

“Die inligting is opgevolg en die voertuie is in Carletonville opgemerk waar dit in die omgewing van verskeie banke gery het. Toe hulle die Carletonville-area verlaat, het wetstoepassers die voertuie van die pad probeer aftrek waarna die verdagtes op hulle losgebrand het.”

Vyf verdagtes, tussen 25 en 35, is noodlottig gewond tydens die skietgeveg en ʼn vroulike verdagte is in hegtenis geneem.

Mogale het gesê die verdagtes se voertuie is met drie rooftogte in onderskeidelik Groblersdal, Secunda en Hercules verbind. Die ondersoek duur voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

John ·

Dit maak my hart so bly as ek hoor daar is nou weer 5 skelms minder. Mooi gedaan SAPS en mag julle voort bou op julle veldtog om misdaad te verminder….

Andries ·

Nog 4 wat nie op ons belastingbetalers se rug kan ry nie. Dit moet so permanent gedoen word om geen genade te betoon nie.

electricmango ·

Wag nou net om te hoor hoeveel van die wat gedood is was polisie manne wat van diens af was.

Bolandse Nooi ·

Do zo voort, SAPD – “skote Petoors” (“pardon the pun”). Maak soos jul minister sê – GEBRUIK die vuurwapens waarmee julle uitgereik word; beantwoord vuur met vuur en skiet om te elimineer. Dit is al wanneer die misdadigers dalk weer ‘n bietjie respek vir julle sal kry.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.